Dwaalkoeël tref man op snelweg in Centurion

Wayne kort nadat hy geskiet is. Foto's: verskaf

Wayne kort nadat hy geskiet is. Foto’s: verskaf

Wayne Heenop (25) het Saterdagaand bebloed na die Steve Biko-hospitaal gejaag nadat hy op die R21-snelweg geskiet is.

Janesqua Vorster (25), Heenop se vriendin, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hulle was in hul Volkswagen Polo op pad terug na Pretoria nadat hulle haar broer, Juan-Jacques (20), by die OR Tambo-lughawe gaan oplaai het.

“Ons was omstreeks 22:00 naby die Irene-afrit toe daar lukraak op ons geskiet is,” het Vorster gesê. “Ons al drie het ʼn skerp wit lig gesien net voordat die agterste linkervenster in flarde gespat het. Die koeël het die kopleuning getref van die stoel waarop ek gesit het en Wayne in sy wang getref. Die koeël het in sy neusholte tot stilstand gekom.”

Heenop het aan Janesqua en Juan-Jacques gesê hy gaan nie stilhou nie, omdat hy bang was dat dit ʼn moontlike kapingspoging is. Hy het beseer en bebloed vir sowat 18 km aanhou ry tot by die hospitaal. “Ons het eers gedink dit is dalk net ʼn stuk glas van die venster wat hom gesny het. Juan-Jacques het toe gesien die kopleuning het ʼn ingang- en uitgangspunt. Hy het darem regs agter gesit, anders was hy dalk noodlottig gewond,” het Vorster gesê.

'n Foto van hoe Wayne vandag lyk.

‘n Foto van hoe Wayne vandag lyk.

Heenop is Sondag uit die hospitaal ontslaan, maar die koeël is nog nie verwyder nie. Hy word eers Woensdag geopereer om die koeël te verwyder.

Hulle het Sondag ʼn saak by die Hercules-polisiestasie aanhangig gemaak. Die saak is van daar na die Lyttelton-polisiestasie oorgeplaas. “Die polisie wag vir die koeël om verwyder te word om die saak verder te ondersoek,” het Vorster gesê.

Heenop se wangbeen is vergruis. Verskeie bene in sy skedel waar die koeël tot stilstand gekom het, is ook gekraak.

Janesqua Vorster en Wayne Hennop

Janesqua Vorster en Wayne Hennop

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

kolletjies ·

Dit klink net te goed gemik om ‘n dwaalkoeël te wees! Wyse besluit om nie te stop nie.

Jakoos ·

Is dit nie dieselfde pad wat Oscar P beweer daar op hom geskiet is nie? En ‘n nasionale hoofweg word gesluit deur betogers!

Wat die drommel gaan aan in die land!

Dis tyd dat ons, soos Skotland, afstig!

G ·

Nee dit was die N1 naby John vorster afrit waar hy beweer hy op geskiet is

pop ·

Afstig!!!!waar, en hoe. Baie van ons wens ons kon maar die ou landjie is ook net so groot

Paul ·

Poppie, Daar is geen ander uitweg as wat die Afrikaner sy eie potje moet krap nie. Saam met die lotje gaan ons almal die gevaar loop om uitgemoor te word want die volksmoord is aan die gang.

david ras ·

En hier tussen Harbeespoort en Pretoria op die snelweg gooi hulle soms klippe van die oorbrugge af, of pak groot klippe in die pad om mens tot stilstand te dwing en dan te beroof !!

Wat nog ?

herpie ·

Mens, al uitweg uit die gemors uit is om af te stig, nes die skotte Donderdag gaan doen.Klomp barbare die klomp wat saam in die land bly.

HEVW ·

Hoop maar Skotlang stig af dit kan dalk vir ander volkere in die wereld en vir ons wat smag na minderheidsregte, selfbeskikking en eie stukkie grondgebied van waarde wees.Daar word egter so baie foefie- politiek bedryf. Net soos hier by ons destyds. Ons is belieg en te veel het geglo aan n politiekeparty wat tot n heilige koei verhef is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.