ʼn Sesjarige seun is in ʼn ernstige toestand nadat ʼn dwaalkoeël hom Sondag by ʼn winkelsentrum in Centurion, Gauteng, getref het.
“Paramedici is omstreeks 12:00 na die parkeerterrein van die winkelsentrum ontbied,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24 gesê.
Die kind het op die agterste sitplek van die motor gesit toe hy geskiet is. “Paramedici het bevind hy is in sy regterskouer geskiet. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas,” het Vermaak bygevoeg.
Die kind het glo in die motor geslaap toe ʼn skietery naby plaasgevind het. “Omstanders het gesê die skietery was tussen die winkelsentrum se veiligheidsbeamptes en vermeende rowers. Een van die koeëls het die motor en toe die seun getref.”
Toe die ouers by die motor terugkom, het talle mense om die motor gestaan. Dit is nog nie duidelik of die kind alleen in die motor gelos is sonder toesig nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Ek stem! En nou is die storie oor die ring ook sommer weg!
Dagsê Ben Ons vra om verskoning indien die berig verwarrend is. Dit is nog nie duidelik of die kind alleen in die motor was toe hy getref is nie. Sy ouers het eers later by die toneel opgedaag nadat hy geskiet is, soos die berig vermeld. Soos die berig ook verduidelik, het die sesjarige in die motor sit en slaap toe hy deur die dwaalkoeël getref is. Dit is dus nie duidelik of die kind se ouers enigiemand anders by hom gelos het nie. Ons wou glad nie impliseer dat die kind nie getref sou word indien iemand by hom… Lees meer »
Kan nie verstaan hoe mense n kind in n kar kan los in die hitte en dan gaan shopping ? doen.
Ben. Al was daar ouer toesig sou dit nogsteeds gebeur het. Bv. die ma het by die kind gebly terwyl die pa gou die winkel in was…. Hoe sou dit verhoed geword het ?
Mens kannie n kind of n dier in n motor los in die hitte nie asb ….dink bitjie verder as wat jou neus lank is ….sit jy vir 30 min in n warm kar wat in die son staan