Dwaalkoeël tref sesjarige by Centurion-winkelsentrum

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sesjarige seun is in ʼn ernstige toestand nadat ʼn dwaalkoeël hom Sondag by ʼn winkelsentrum in Centurion, Gauteng, getref het.

“Paramedici is omstreeks 12:00 na die parkeerterrein van die winkelsentrum ontbied,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24 gesê.

Die kind het op die agterste sitplek van die motor gesit toe hy geskiet is. “Paramedici het bevind hy is in sy regterskouer geskiet. Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas,” het Vermaak bygevoeg.

Die kind het glo in die motor geslaap toe ʼn skietery naby plaasgevind het. “Omstanders het gesê die skietery was tussen die winkelsentrum se veiligheidsbeamptes en vermeende rowers. Een van die koeëls het die motor en toe die seun getref.”

Toe die ouers by die motor terugkom, het talle mense om die motor gestaan. Dit is nog nie duidelik of die kind alleen in die motor gelos is sonder toesig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Piet

Is daar ‘n spesifieke berig waarna jy op soek was?

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Ben

Ons vra om verskoning indien die berig verwarrend is.
Dit is nog nie duidelik of die kind alleen in die motor was toe hy getref is nie. Sy ouers het eers later by die toneel opgedaag nadat hy geskiet is, soos die berig vermeld.

Soos die berig ook verduidelik, het die sesjarige in die motor sit en slaap toe hy deur die dwaalkoeël getref is.

Dit is dus nie duidelik of die kind se ouers enigiemand anders by hom gelos het nie.

Ons wou glad nie impliseer dat die kind nie getref sou word indien iemand by hom was nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

zoom zoom ·

Kan nie verstaan hoe mense n kind in n kar kan los in die hitte en dan gaan shopping ? doen.

Elmin ·

Ben. Al was daar ouer toesig sou dit nogsteeds gebeur het. Bv. die ma het by die kind gebly terwyl die pa gou die winkel in was…. Hoe sou dit verhoed geword het ?

Lance ·

Mens kannie n kind of n dier in n motor los in die hitte nie asb ….dink bitjie verder as wat jou neus lank is ….sit jy vir 30 min in n warm kar wat in die son staan

zoom zoom ·

Ben gaan lees die berig op news24. Daar kry jy meer info oor die berig

Hendrik ·

Regtig mense, vergeet van die omstandighede rondom hoekom die kind in die kar was. Punt is hy is raakgeskiet en dit is bitter jammer. Die ondersoek is veronderstel om die verantwoordelikheid te plaas rondom die koers van die rondte en wat daartoe gelei het. Vertrou hy sal vinnig aansterk en dat daar darem vrugte afgegee is wat n klein bietjie regverdigheid sal bied vir wat gebeur het. Ons moet almal versigtig en paraad wees sover moontlik

Shani ·

Goeie dag
Di het reg voor ona winkel gebeur en ons wens die seun en die ouers alle sterkte toe.

Kaufman ·

Ben, as n kind onder toesig was en iets gebeur, al kon die toesighouer dit nie verhoud nie, kom die toesighouer wel vinniger of beter weet hoe om die situasie te hanteer as die kind self of lede van die publiek.

Pieter ·

Die 6 jarige seuntjie was die onskuldige slagoffer van n misdaad helder oordag. Misdadigers teiken enige plekke ongeag wie in die omgewing is. As sulke misdadigers gevang word moet hulle lewens lank toegesluit word. By die ingang is daar kameras geinstaller. Ek hoop hulle gebruik die beeld materiaal om die misdadigers aan te keer.

Rassie ·

Ons kn ook nie die security bllam nie. Hy is daar om sy werk te doen. Soos Pieter se, net weer n onskuldige slagoffer.

Sputnik ·

Ja-nee, die ou spulletjie is weer besig om heeltemal op ‘n tangens af te gaan oor die kind kwansuis alleen in die warm son in die motor gelaat is! Hulle moet nog net sê die ouers was.dronk en het gaan dobbel. Eish! Ek hou duim vas dat hy vinnig herstel.

Basson ·

Baie jammer oor die kind :( Hoop hy herstel 100%.

Shani – was die kind in die Duster, en wou die rowers die Evoque buit?

Pendoring ·

Gaan daar ook ‘n klag van poging tot moord teen die sekuriteitswag ondersoek word? Soos wat nou met die Vrystaatse boer gebeur. Indien wel, hoekom niks daarvan in die berig nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.