Dwaalkoeël tref swanger begrafnisganger in maag

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Swanger vrou (27) is Saterdag in Helenvale in die Oos-Kaap in haar maag getref deur ʼn dwaalkoeël.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou het glo ʼn begrafnis bygewoon waar mense eers by ʼn huis in Deverillstraat byeengekom het toe die voorval plaasgevind het.

Die slagoffer is van Kaapstad afkomstig. “Ek is nie doodseker van haar mediese toestand nie, maar ek weet sy is na ʼn hospitaal gehaas en moes ʼn operasie ondergaan,” het Naidu gesê.

Naidu het gesê slegs sý is getref. “Ons glo nie dat die skietery bendeverwant was nie. Daar breek soms net sulke lukrake skietgevegte in die strate daar uit.”

Genl.maj. Thebisile Patekile het die gemeenskap gemaan om saam met die polisie te werk om “kriminele elemente” aan te meld.

“Onskuldige vroue en kinders word geskiet. Hierdie barbaarse gedrag sal nie geduld word nie,” het Patekile gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

julius ·

Dis net bendes wat lukraat op mekaar skiet. So dit is bendeverwant.

Eugene ·

Patetiesekile jou regering duld dit al die jare
Julle voel niks vir julle mense nie

Vermeende ·

“Onskuldige vroue en kinders”

Is al die mans dan skuldig?

Hennie ·

In die ou tyd toe ons nog mense van formaat gehad het, het hulle die spoor van die patroon terug gevolg tot hulle by die skuldige gekom het en hom aangekla het. Nou is dit ‘n saak van “ag, lossit maar . . . .”

BB ·

Ja Hennie, die perspektief is dit gebeur meer as een keer ‘n dag elke dag oral oor die land.
Die geweld is so baie en so gereeld ons besef nie in watter slegte situasie ons bevind nie. Daar is nie tyd meer tyd vir goeie ondersoeke nie al het ons die beskibare tegnologie daarvoor.

PJC ·

Ek wonder wie glo nog hierdie stellings van die polisie dat sulke gedrag nie geduld sal word nie want dit is uiters moelik om hierdie bendes uit te rook. Die polisie het doodeenvoudig net nie die nodige hulpbronne hiervoor nie.

Jan ·

En nou wat van die barbaarse gedrag waar ook onskuldige mense in hul eie huise
gemartel en doodgemaak word???????????

F Terblanche ·

Hoe gereeld word “vars” nuus gelaai? Sommige van die berigte is verseker een week oud.
Probeer asseblief beter doen as dit. Onthou daar is maar altyd kompetisie daarbuite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.