Dwaalkoeëls tref 2 ná gemeenskap op polisie losbrand

Argieffoto

Genl.maj. Funeka Siganga, bevelvoerder van die Mountweg-polisiëringsgebied, het aanvalle op lede van die polisie terwyl hulle aan diens is ten sterkste veroordeel. “Onskuldige slagoffers word geraak deur die geweld en ons vra dat gemeenskappe saam met ons en nie teen ons werk nie.”

Dit kom ná twee Port Elizabeth-polisiebeamptes Maandag omstreeks 11:30 besig was met patrollies in die Helenvale-omgewing toe hulle ʼn persoon op die hoek van Martin- en Kobusweg ondervra het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê terwyl hulle nog met die persoon gepraat het, het hy vyandig geraak met hulle.
“ʼn Struweling het tussen die beamptes en die persoon ontstaan, en lede van die gemeenskap het glo op die polisie losgebrand,” het Janse van Rensburg gesê.

Die polisie het volgens haar teruggeskiet en twee mense is deur dwaalkoeëls gewond.

“ʼn Man (29) is in sy bobeen gewond en ʼn vrou (22) in haar maag,” het Janse van Rensburg gesê.

Albei slagoffers is na die hospitaal geneem vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Brandwag ·

Ons as gemeenskap ervaar die Polisie, Weermag asook die Regering as MISDADEGERS een groot rower bende.Jy meld nie meer sake aan nie agv swak behandeling,word op tonele geviktimiseer,jou werk is in gedrang, spreek jy n persoon aan oor sy verkeerde gedrag word jy omsingel deur n pak wolwe, sien gereeld voorvalle waar Polisie nie hulle werk doen as misdadigers gevang moet word nie, word jy as klaer kwaad daaroor word jy sommer gearresteer vir dwarsboming.Onthou mense as wet en orde nie meer toegepas kan word is ons land op n afdraende pad, almal besef dit,sakelui tot die ou op die grond.

RB ·

Die waarheid is dat die polisie nie gesien word as die beskermers, helpers en wetstoepassers wie hulle veronderstel is om te wees nie. Die polisie word eerder gesien as iemand of iets om te vermy. Mense vertrou hulle nie, en daar is geen vertroue in hulle nie. Hierdie onwenslike reputasie is ook ongelukkig nie heeltemal onverdiend nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.