‘Dwelm-gesin’ vrygelaat weens onvoldoende bewyse

Die Mandrax-tablette waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn Gesin van Port Elizabeth wat Donderdag in hegtenis geneem is nadat die polisie ʼn klopjag op ʼn huis in Humewood uitgevoer en op ʼn groot hoeveelheid Mandrax-tablette afgekom het, is vrygelaat weens onvoldoende bewyse.

Polisiebeamptes het inligting ontvang oor onwettige bedrywighede by die huis en het onverwags toegeslaan en die huis, motorhuise en pakhuisie in die erf deursoek. Beamptes het op 16 sakke Mandrax (altesaam 13 347 tablette), meer as R100 000 kontant en ʼn selfoon beslag gelê.

ʼn Pa, ma en hul drie kinders, almal tussen 20 en 58 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het egter Vrydag bevestig vier lede van die gesin is nie aangekla nie aangesien die polisie nie voldoende bewyse teen hulle gehad het nie. Die vyfde lid van die gesin is aangekla en hof toe geneem, maar die aanklagte is daar voorlopig teruggetrek hangende ʼn forensiese verslag en nadere ondersoek.

Die polisie het vroeër gesê die dwelms is van Khayelitsha in die Wes-Kaap afkomstig.

Vroeër vandeesweek het beamptes van die Valke, in samewerking met polisie-eenhede, beslag gelê op kokaïen ter waarde van R720 miljoen op ʼn vragskip by die Ngqura-hawe in Coega. Die Valke het gesê dié dwelms was afkomstig van Brasilië en onderweg na Singapoer voordat dit na die finale bestemming in Indië sou gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Rina ·

Ek verstaan nie die dwelms is dan daar gevind? Hoe kan daar nie voldoende bewys wees nie?

WS ·

Stem 100% saam met jou. Die ondersoekbeamptes het seker ook matriek met 30% geslaag.

Frikkie Geld en huis ·

13 347 Mandrax tablette. Nie genoeg bewyse ???

Gert ·

Ag, eenvoudige antwoord, daar is seker weer polisiemanne teenwoordig!!
So n korrupte klug!!

Leonie Maritz ·

Vertel net vir my asseblief, hoe kan daar onvoldoende bewyse wees as die dwelms en geld daar gevind is? Dit is totaal en al onasnvaarbaar. ??????

Cherokee ·

Leoni en Rina, …
4 van die 5 is nie aangekla nie. Dit maak tog soort van sin.

Johan ·

Onge-flippen-looflik. Daardie groot hoeveelheid pille wat gevind is, is geen genoegsame bewys nie. Dalk sal hulle hulle nog die pille teruggee ook!!!!

JJS ·

Dalk is die pille weg? …

Nee, ons het geen saak teen julle nie, daar is geen getuienes nie…

willie ·

Nog ñ tipiese voorbeeld van swak polisie ondersoek werk, moet net nie weens omstandighede wit en swart kinders op afsonderlike skoolbanke laat sit nie! Niks maak meer sin nie!

ne ·

Is dit wel pille? Of het die polisie net aanvaar dit is Mandrax? Dalk ken hulle nie die verskil tussen dwelms en ander goed wat soos pille lyk nie!

Johanna Botha ·

Seker weer halwe werk met die ondersoek en nou is bewyse weg …onbekwaam ! En nou gaan hulle nog seker hof toe vir onregnatige arrestasie en daar gaan die belasting geldtjies weer ????

John ·

Verwyder net die rokie en dan is daar nie ‘n vuurtjie nie… waar is die onsigbare pille nou?

Wilma ·

Hierie gesin mos kriminele dan en word beskerm deur die wet

Johan ·

Hulle het natuurlik gesê hulle het geen idee waar die pille vandaan kom nie.
Dit het seker uit die lug geval……
En toe word hulle geglo…..
Dit gebeur net in Suid-Afrika.

PJC ·

Ek sou sê die eienaar van die huis is die skuldige en die klomp Mandrax wat gevind is is genoeg bewys van sy skuld.

jaco ·

Dis wonderlik wat jy in SA kan bereik met die “regte” velkleur.

Anti Know it all ·

En daar kla die selfaangestelde regskenners weer…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.