ʼn Gesin van Port Elizabeth wat Donderdag in hegtenis geneem is nadat die polisie ʼn klopjag op ʼn huis in Humewood uitgevoer en op ʼn groot hoeveelheid Mandrax-tablette afgekom het, is vrygelaat weens onvoldoende bewyse.
Polisiebeamptes het inligting ontvang oor onwettige bedrywighede by die huis en het onverwags toegeslaan en die huis, motorhuise en pakhuisie in die erf deursoek. Beamptes het op 16 sakke Mandrax (altesaam 13 347 tablette), meer as R100 000 kontant en ʼn selfoon beslag gelê.
ʼn Pa, ma en hul drie kinders, almal tussen 20 en 58 jaar oud, is in hegtenis geneem.
Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het egter Vrydag bevestig vier lede van die gesin is nie aangekla nie aangesien die polisie nie voldoende bewyse teen hulle gehad het nie. Die vyfde lid van die gesin is aangekla en hof toe geneem, maar die aanklagte is daar voorlopig teruggetrek hangende ʼn forensiese verslag en nadere ondersoek.
Die polisie het vroeër gesê die dwelms is van Khayelitsha in die Wes-Kaap afkomstig.
Vroeër vandeesweek het beamptes van die Valke, in samewerking met polisie-eenhede, beslag gelê op kokaïen ter waarde van R720 miljoen op ʼn vragskip by die Ngqura-hawe in Coega. Die Valke het gesê dié dwelms was afkomstig van Brasilië en onderweg na Singapoer voordat dit na die finale bestemming in Indië sou gaan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Ek verstaan nie die dwelms is dan daar gevind? Hoe kan daar nie voldoende bewys wees nie?
13 347 Mandrax tablette. Nie genoeg bewyse ???
Ag, eenvoudige antwoord, daar is seker weer polisiemanne teenwoordig!!
So n korrupte klug!!
Hoop net nie die dwelms moet ook teruggegee word nie.
Vertel net vir my asseblief, hoe kan daar onvoldoende bewyse wees as die dwelms en geld daar gevind is? Dit is totaal en al onasnvaarbaar. ??????