Dwelm-netwerk in Johannesburg oopgevlek

Argieffoto van kokaïen

Argieffoto van kokaïen

Vyf mans van Nigerië is in Berea in Johannesburg in hegtenis geneem, het die Valke Woensdag gesê.

“Die Valke het Dinsdag ʼn klopjag uitgevoer op die Highrise-woonstelle in Berea,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê. “Die beamptes het ʼn omvattende soektog uitgevoer en die vyf mans in hegtenis geneem.”

Die mans is glo deel van ʼn groter sindikaat wat met dwelms handel dryf in die gebied. “Die span het beslag gelê op 1 kg heroïen en 500 g kokaïen-kristalle met ʼn straatwaarde van R375 000.”

Die mans het hul asielaansoeke voorgehou toe hulle gevra is om hulself te identifiseer. Hulle identiteit moet nog bevestig word. Hulle sal na verwagting Donderdag in die Hillbrow-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerda Joubert ·

DIE DWELM PROBLEEM IN SA HET MET RASSE SKREDE HAND UIT GERUK OMDAT DAAR NIE MEER BEHEER BY ONS GRENSE IS NIE.

zahn ·

Kyk nou net, hulle hou hul asiel aansoeke voor as identifikasie. Skeur die papiere op, gooi hulle in ‘n wa, en faks hulle tot hulle self wil teruggaan donker Afrika toe. En Gerda, ja, dit is ook ‘n probleem, die grenstoegang, maar hulle kom en gaan soos hulle wil, volgende week is hy terug met net nog ‘n ander asiel aansoekvorm wat hy kan voorhou, want sien, sodra hy oor die grens gaan, verander sy naam ook. Maklik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.