‘Dwelmhandel-ma’ het vyf kinders

Argieffoto

Argieffoto

Dit het aan die lig gekom dat die ma wat in Portugal vir dwelmhandel in hegtenis geneem is en wie se twee seuns van Brasilië na Suid-Afrika gerepatrieer is, in totaal vyf kinders het.

Lumka Oliphant, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die ma het die twee kinders wat gerepatrieer is, nog twee kinders wat in Brasilië gebore is en ‘n vyfde kind wat se doen en late onbekend is.

Oliphant het gesê die twee kinders wat in Brasilië gebore is, het in September verlede jaar saam hul ma na Suid-Afrika gekom en bly tans saam familie van die ma. Oliphant het bevestig dat die twee kinders nie Suid-Afrikaanse burgerskap het nie. “Hulle bly saam met hul ma se familie wat se enigste inkomste ʼn ouderdomspensioen is.”

Die twee seuns wat gerepatrieer is het Donderdag in Suid-Afrika aangekom. Die seuns, sewe en 13 jaar oud, het hulle ma in Desember die laaste keer gesien. Hulle is tans in ʼn plek van veiligheid nadat die pleegouers wat deur die ma genomineer is hulle nie kon inneem nie.

Die departement het intussen bekend gemaak dat die twee seuns nie op straat in Sao Paolo gebly het soos wat daar aanvanklik gedink is nie, maar dat hulle na hulle ma se inhegtenisname saam met iemand anders gewoon het. “Daar is vasgestel dat een van die kinders se van dieselfde is as die ‘gemeenskapslid’ wat die kinders na die Suid-Afrikaanse konsulaat in Brasilië gevat het en gesê het dat hulle op straat gebly het.”

Oliphant het gesê die vyfde kind se naam verskyn op die Suid-Afrikaanse bevolkingsregister maar dat dit nie duidelik is waar die kind is nie. Die drie ander kinders se ouderdomme is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

Goeiste, arme kinders, wat n deurmekaarspul, en dan weet hulle nie eers waar die een kind is nie. Ek wonder hoe oud is daai kind. Dis hartseer, so jonk en hul lewe is al so deurmekaar en omver gegooi. Hoop nie hulle kry n knou deur alles waardeur hulle is en nogsteeds gaan nie.

Elizabeth ·

Snel, ja-nee, wat se soort “ma” is dit die? Dan is daar sovele wat sukkel om kinders te kry en hierdies broei soos konyne en gee nie eers om waar die kind is nie.Ughh maak my sommer naar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.