‘Dwelmhandelaar’ glo met R1,1 miljoen dwelms betrap

Foto: SAPD

Beamptes in Milnerton in Kaapstad het ʼn vermeende dwelmhandelaar in hegtenis geneem en beslag gelê op dwelmmiddels ter waarde van ongeveer R1,1 miljoen en ʼn groot bedrag kontant.

“Polisiebeamptes het Saterdagmiddag op ʼn woonstel in Century City toegeslaan,” het kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Beamptes het inligting bekom dat ʼn dwelmhandelaar die woonstel as sy stoor gebruik.”

Beamptes het tydens die klopjag beslag gelê op 3,15 kg tik met ʼn geraamde straatwaarde van R1,1 miljoen en ʼn groot bedrag kontant.

ʼn Verdagte, ʼn 49-jarige man, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marie MALAN ·

Wonder wat maak hul met die wat “gevang word” tronke oorvol???

Julius ·

Hierdie dwelms word net weer verkoop aan ander handelaars. Dis hoekom daar altyd so baie gevind word.

Elsa ·

Niks vreemde. In Erich straat, Tileba, Pretoria Noord sit hulle van 08:00 tot 22:00 om hul dwelms te verkoop.

Michelle ·

Baie goeie werk aan die lede maar dit pla die smokkelaars nie vir hom is dit ‘n klein bietjie want net iewers anders bring sy boetie vier keer daardie ” shipment ” in ongesiens en hul verkoop dit hier. More word hy weer terug gestuur waar hy vandaan kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.