Dwelmhandelaar vas ná daggavonds by skool

Polisiebeamptes by die taxistaanplek in Evander. Foto: Verskaf

Polisiebeamptes by die taxistaanplek in Evander. Foto: Verskaf

Die Mpumalanga-polisie het Donderdagmiddag ʼn vermeende dwelmhandelaar vasgetrek nadat hulle tydens ʼn bewusmakingsveldtog by ʼn hoërskool in Evander, naby Secunda, leerders met dagga betrap het.

Brig. Selvy Mohlahla, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê verskeie polisiebeamptes en beamptes van die honde-eenheid het die hoërskool besoek as deel van ʼn veldtog om bewusmaking te skep oor veiligheid by skole.

Van die dagga waarop die polisie beslag gelê het.

Van die dagga waarop die polisie beslag gelê het.

“Tydens die beamptes se besoek is dagga en sigarette by vyf leerders gekry,” het Mohlahla gesê. “Aangesien hulle minderjarig is, is ʼn waarskuwing uitgereik en hul ouers ingelig.”

Die polisie het die leerders ondervra en verdere ondersoek het hulle na ʼn taxistaanplek in die dorp gelei, waar ʼn 36-jarige Nigeriër in hegtenis geneem is.

Die man sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van dwelmhandel en die besit van dagga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard ·

Hierdie Nigeriërs(99% van hulle) is hier vir net een doel in SA en dit is in die dwelmbedryf. Skokkend om te sien en hoor hoe hulle ons kinders gebruik en misbruik om hul doel te bereik. Was net verlede week getuie om te sien hoe die polisie in Pta-Noord hulle vastrek.

Patricia ·

Dis goei nuus dalk skrik ander skole regoor die land ook wakker. Sodat ons kleinkinders en kinders nie by skole aan die goed blootgestel word nie. Dis regtig fantasties dat die polisie nou die skole dophou.

Realis ·

Die SAPS moet hom asseblief net nie deporteer nie. Volgende week is hy terug met tik of mandrax. Sit hom lank in C-max met min geriewe.
Hoop nie ek klink rassisties nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.