‘Dwelmhandelaar’ vasgetrek danksy wenk

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vermeende dwelmhandelaar met dwelms ter waarde van R300 000 in sy besit is Vrydag deur Wes-Kaapse polisiebeamptes in hegtenis geneem danksy ʼn wenk van die publiek.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die Oudtshoorn-honde-eenheid het inligting uit die gemeenskap ontvang en op grond hiervan omstreeks 19:35 ʼn minibustaxi op die N12 naby Klein Paradys in De Rust voorgekeer.

“Die voertuig is deursoek en daar is verskeie plastieksakke met 5 000 Mandrax-tablette in gevind. Daar is op die dwelms beslag gelê en dit is vir forensiese ontleding ingehandig. Die dwelms het ʼn geraamde straatwaarde van R300 000,” het Traut gesê.

Die verdagte is op die plek in hegtenis geneem. “Ons glo die dwelms was bestem om in Oudtshoorn versprei te word.”

Die 41-jarige verdagte sal Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, Wes-Kaapse polisiekommissaris, het die samewerking tussen die gemeenskap en die polisie geloof wat daartoe gelei het dat die verdagte vasgetrek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Police hulle doen gooi werk Nou so aan en help ons boere teen plaas moord

John ·

…. 5 000 tablette…. daar moet ‘n mark wees vir doofmiddels, ander sal ons nie daagliks daavan lees nie. Die scary deel is, wie gebruik dit? Daardie mense beweeg tussen ons en gebruik dit vir of kicks of om moed te kry vir allerhande dwaashede. Waarom is die eenheid van die polisie gesluit wat uitsluitlik op hierdie sluikhandel gekonsentreer het. Sulke handel word telkens maar terloops opgetel, en snuffelhonde moet maar uithaal en wys. Dit wil blyk of hierdie probleem deur hogeres onder die mat gevee word.

Antiestabliesment ·

Wel gedaan publiek en polisie. Hou vol met sulke klopjagte, maak net seker julle los die dagga uit, dit is medisyne, nie dwelms nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.