‘Dwelmhandelaar’ verongeluk toe hy vir polisie vlug

Die vermeende dwelmhandelaar is in die botsing dood. (Foto: Verskaf)

ʼn Vermeende dwelmsmokkelaar is dood toe hy Vrydag in Durban vir die polisie probeer wegjaag het.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, sê beamptes van die provinsiale dwelm-en-vuurwapeneenheid het ʼn transaksie tussen twee mans by Kings Park dopgehou nadat hulle inligting oor beweerde dwelmsmokkelary ontvang het.

Toe die polisie die mans nader het een van hulle in sy voertuig weggejaag.

“ʼn Jaagtog in die rigting van Morningside het gevolg en op die hoek van Norwood- en Trematonrylaan het die verdagte met ʼn ander voertuig gebots,” sê Naicker.

Die man, vermoedelik in sy 30’s, is op die toneel dood en die ander motoris is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.

ʼn Deursoeking van die oorledene se voertuig het gelei tot die ontdekking van onder meer die dwelm Cat en kokaïen met ʼn straatwaarde van sowat R5 000. Die polisie het ook beslag gelê op R1 640 wat in die voertuig gekry is.

ʼn Saak van dwelmbesit en strafbare manslag is aanhangig gemaak vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wielspore

Duur prys om te betaal, of jy ‘n gebruiker of verspreider is, jou familie betaal die hoogste prys.
Ruk jou reg en kry hulp!

Anton

Dis toe nie so maklik soos dit op tv lyk nie, né my ou skelmpie :-)

AW

Sulke mense het geen respek vir ander mense se lewens.

Dries

JAMMER VIR DIE ANDER MOTORIS.

Pablo

Wat n deurbraak. R5000 se dwelms. Sal seker vinnige in iemand se sak verdwyn.