‘Dwelmhandelaars’ in die hof

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Vier vermeende dwelmhandelaars het Maandag in die Roodepoortse en Johannesburgse landdroshof verskyn nadat hulle vroeg Maandagoggend in hegtenis geneem is.

“Die Valke het ʼn wenk ontvang dat die vier dwelmmiddels verkoop het,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê. “Misdaadintelligensie in Gauteng, die honde-eenheid en die taktiese reaksie-eenheid het ondersoek ingestel.”

Volgens Mulaudzi het die verdagtes onbewustelik dwelmmiddels ter waarde van meer as R70 000 aan polisiebeamptes verkoop wat hulleself as lede van die publiek voorgedoen het.

Dirk van Schalkwyk (63), Kevin Williams (34) en Bullie Cero (33) bly in aanhouding tot 19 Oktober wanneer hulle formeel sal aansoek doen om borgtog.

Wyn Martin (29), die vierde verdagte, se saak is tot Dinsdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ursula Marx ·

Goeie werk Valke. Wonderlik dat iemand gedink het wat die mense doen is verkeerd en die inligting verskaf het. Hoeveel lewens het die 4 nie al vernietig. Hoop hulle kry swaar straf. Dwelm handel moet ook lewenslange vonnis kry. In ander lande is dit doodstraf.

Peet. Schabort ·

Sommer lekker vars dieselfde dag in die hof.
Veels geluk met uitstekende werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.