‘Dwelmhandelaars’ vas ná Valke wenk ontvang

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee vermeende dwelmhandelaars, onderskeidelik 36 en 58 jaar oud, is in Pinetown, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem nadat ʼn verskeidenheid dwelms ter waarde van ongeveer R1,8 miljoen in hul motor gevind is.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê lede van die Valke in Pietermaritzburg het inligting ontvang dat die twee verdagtes mekaar Vrydag in Pinetown sou ontmoet in verband met hul dwelmhandelaktiwiteite. Lede van die Durbanse metropolisie is in kennis gestel en hulle het die verdagtes in Pinetown opgespoor.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

“Die verdagtes se voertuig is voorgekeer en deursoek en ʼn groot hoeveelheid dwelms is in die motor gevind. Die dwelms waarop beslag gelê is sluit onder meer 1 360 Mandrax-tablette, 38 000 heroïenkapsules, 760 Ecstasy-tablette, kokaïen en ander dwelmmiddels in tablet- en poeiervorm in.”

Ses handwapens is ook in die motor gevind. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of hulle gebruik is in die uitvoering van enige misdade in die land.

Die verdagtes sal Maandag in die Pinetown-landdroshof verskyn.

In ʼn onverwante voorval het nog twee vermeende dwelmhandelaars Vrydag in die Durban-landdroshof verskyn nadat hulle vroeër die week in die Sydenham-gebied in hegtenis geneem is. Dwelms ter waarde van R2,5 miljoen is in hul besit gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buitestander ·

Ja, roei dwelemhandelaars uit hul vernietig oms samelewing en teer op ander se swakheid.

Paul ·

Besef jy dat al die ander dwelmhandelaars nou juis omdat hul mededinging uit die mark is? Nou kan hulle hoër pryse vra, wat net nog meer motivering is vir die verslaafdes om by jou huis in te breek om jou TV te steel vir dwelmgeld.

Hendrik ·

Paul. ek verstaan nie mooi nie. Ek hoop nie jy bedoel hiermee dat die handelaars nie gevang moes word nie.

Helene Heyns ·

Dank aan diegene wat die inligting aan die polisie gegee het. Was dit nie daarvoor nie was hierdie verderflike goed op straat.

Theresa ·

Puik werk, Valke!! En duisend dankies vir die persoon wat die leidraad deurgegee het. Gebede dat elke dwelmverskaffer (van hoogste orde tot straatloper) gevang word om mense te verlos van ‘n aaklikge lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.