Dwelmlaboratorium in Pretoria oopgevlek

Van die toerusting waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf

ʼn Beweerde dwelmlaboratorium is Woensdag in die weste van Pretoria oopgevlek.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê verskeie eenhede van die Tshwane-Wes-polisiegroepering het inligting ontvang en opgevolg van verdagte aktiwiteite by ʼn huis in Lotus Gardens.

“ʼn Klopjag is in die vroeë oggendure by die huis uitgevoer en tydens ʼn soektog deur die perseel het beamptes verskeie plastieksakke, waarin ʼn wit poeier versteek was, in die huis gevind en daarop beslag gelê,” het Selepe gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op elektriese toestelle wat vermoedelik gebruik word vir die vervaardiging van dwelmmiddels.

Die middels en waarde daarvan moet nog vasgestel word.

Ses verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Hulle moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van die besit van dwelms en die besit van toerusting waarmee dwelms vervaardig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Duitser ·

Die hele pretoria wes het verval wat die somaliers nie oorgevat het nie het die nigeriers en kongolese maar die plek sal nooit weer dieselfde wees nie

CAROL ·

Stem saam. As jy nie in Suid Afrika gebore is nie – gaan terug na jou geboorte land toe. Dis hulle wat ons land so op dinges

Andre ·

Benodig doodstraf of dood gaan in die tronk vonnis as die hof hulle skuldig vind. Enigste manier om SA skoon te maak.

Pik ·

Ten minste doen hulle iets in Boksburg sien SAP dit as werk en doen niks

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.