Dwelmmiddels in brood gevind

Foto: Nazli Fredericks, Facebook

Foto: Nazli Fredericks, Facebook

Nazli Fredericks, ʼn ma van Kaapstad, het haar ontsteltenis op Facebook uitgespreek nadat sy dwelmmiddels in ʼn brood gevind het.

Blue Ribbon, die handelsmerk, het Woensdag in ʼn verklaring bevestig dat hy bewus is van die voorval.

Fredericks het Saterdagaand die brood gekoop, en toe sy Sondag roosterbroodjies vir haar kinders wou maak, het sy op die dwelmmiddels afgekom. “My kinders kon dit gevind het!” het sy ontsteld gesê.

Volgens Blue Ribbon werk die maatskappy nou saam met die polisie om die skuldiges aan te keer. “Wees verseker dat ons produkte veilig is om te koop en dat dit slegs ʼn geïsoleerde voorval is,” het die maatskappy gesê.

Maroela Media wag nog vir terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sollie ·

Geisoleerde voorval? Waar is die kontrole? Nee wat, NOOOOOOIT weer Blue Ribbon vir my!

Kobus Combrink ·

Dit is baie ooglopend wat hier gebeur het. Die informele winkel waar die brood gekoop is, is die verspreidings punt van die dwelms. Hierdie is bloot net ‘n geval dat die verkeerde brood verkoop is aan die verkeerde klient. Die winkel eienaar moes seker goed verduidelik het aan die persoon wat die gelaaide brood moes kry.

HEVW ·

Nee man, dit is waar die brood gebak word. Hoe moet die winkel wat verkoop die goed in die brood kry sonder dat daar sigbare merke is. Of het die klient dit maar so gelate dit aanvaar?

Rebecca ·

Die brood is klaar in snye verpak en dit lyk of die sakkie dwelms tussen die snye versteek is…..

Isabel ·

Ek koop daagliks brood van Blue Ribbon aan vir my winkel. Hul lewer n super diens. My vraag is by watse winkel is die brood gekoop.

Peet Schabort ·

Ek reken dit het uit iemand se sak geval daar by die bakkery en in die meel beland. Tog is dit ook so dat die hantering met hande baie min is.
Gelukkig is daar nie ‘n gewaste kuiken in die brood gevind . . .

Karen ·

Net verbaas dat almal die GMO brood EET???
Die dwelms is miskien ” once off” maar die GMO is total ongesond!!!
Gaan Google maar.

Paplepel ·

Karen, vir jou inligting: Alles wat jy inneem is GMO. Geen plant of dierspesie vir menslike gebruik is geneties oorspronklik nie. Gaan Google maar.

Johan ·

Paplepel, nie alles wat ‘n mens inneem is GMO nie… soos my hond wat ek in geneem het, sy naam is fluffy… ;)

Andre ·

Blue Ribbon se brood smaak in elk geval haglik, dis net ‘n troosprys as jy niks anders kry nie.

Takkie Takuuza ·

Wow, ek gaan nou net Blue Ribbon koop van nou af, miskien raak ek ook “lucky” met ‘n sterker farmaseutiese byproduk. Nee kyk, mense kan eenvoudig wees. Die ergste is dat onnoselheid soos die dood is, as jy dood is, is jy dood, jy kom dit nie agter nie, dit pla net die mense om jou.

Sollie ·

Takkie jy praat onsamehangende twakkies – of is dit nou akkies?

Takkie Takuuza ·

Haha ou Sollie, moenie bekommer nie, dis net moeilik vir ander mense. Loop koop brood man, net nie by Blue Ribbon nie, nooit weer nie.

Liza Opperman ·

Ai mense kan darem maar oordryf! Karen regtig? GMO? Paplepel dankie vir die enigste wyse aanmerking in die brokkie nuus se kommentaar. Takkie ek hou van jou sin vir humor!

SNEL ·

Koop n broodmasjien en alle probleme is opgelos en jy het vars brood elke dag en jy weet ook wat in die brood gaan. Beste ding in my kombuis. Alle deeg word in hom gemaak, van vetkoeke- en pizzadeeg tot Chelsea buns en rosyntjie-, gemmerbrood en wat nog al. Ek koop al vir maande niks meer brood nie en bak nou my eie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.