Dwelmmiddels in toiletsitplekke, speelgoed versteek

Twee groot dwelmklopjagte is vandeesweek by die OR Tambo- internasionale lughawe uitgevoer.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het saam met SAID-doeanebeamptes, Maandag en Dinsdag beslag gelê op dwelmmiddels ter waarde van R1,5 miljoen by die lughawe en Meadowdale.

“Die Valke het in twee afsonderlike voorvalle inligting ontvang oor verdagte verskeping by DHL OR Tambo en FedEx in Meadowdale, wat vir Australië, Nederland en Kanada bestem was,” het Mulamu gesê.

Die besendings is verklaar as kunswerke, teesakkies, speelgoed, medikasie en toiletsitplekke. Beamptes het beslag gelê op sowat 3 kg heroïen en 500 g metamfetamien.

Die polisie se ondersoek duur voort.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tanja ·

Ek sê nog altyd diè Chinese winkels in ons land is ń front vir dwelm smokkel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.