‘Dwelmmuil’ by lughawe vasgetrek

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn 33-jarige vrou is Woensdag by die Kaapstad-lughawe in hegtenis geneem nadat sy glo probeer het om kokaïen in die land in te smokkel.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Donderdag gesê die vrou is Woensdag tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie in hegtenis geneem.

“Die verdagte het vanaf Luanda die land binnegekom en is onder waarneming geplaas nadat daar vasgestel is dat sy 100 sakkies vol kokaïen ingesluk het,” het Traut gesê.

Die vrou is na ʼn mediese instelling geneem waar die dwelms uit haar stelsel gehaal is.

“Die presiese waarde van die dwelms moet nog vasgestel word, maar dit is ʼn aansienlike bedrag.”

Sy sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn sodra sy van dwelmhandel aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lorieka ·

Puik my eie kind was gevang en in tronk oor dit en gebruik van drugs ek het geen genade Al is dit jou eie vleis. En bloed

Buitestander ·

Autralia se Gensbeheer is uitstekend en ons kan baie by hulle leer.

MM ·

Sulke mense moet lewenslank tronk toe gaan, kon baie lewens verwoes het – 1 klink dalk min in die groot heelal maar 1+1+1+1 …………… elke 1 minder is darem n begin – Goeie werk – Dankie

John ·

Kyk net hoeveel gewone Suid-Afrikaners het deesdae geld om rond te vlieg. Waar kry hulle dit? Ons gewone mense wroeg, spaar en leen om ‘n vliegtuigkaartjie te kan bekostig. Dalk is ons al op die vlak van Suid-Amerika tov verdowingsmiddel-vervaardiging, -misbruik en -bemarking. Ons narkotika-buro is gesluit, ons polisie kan nie vertrou word nie, ons kinders is onder beleg en mens wonder soms oor die giggels, rooi oe en vreemde klanke wat in raadsale en die parlement opklink. Wie het nie ‘n organiese dagga-tuintjie in die agterplaas nie? Steek op die hande… Moenie skaam wees nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.