Dwelmmuile by OR Tambo aangekeer

Argieffoto

Twee vermeende dwelmmuile en drie persone wat goedere na Suid-Afrika wou smokkel, is by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg in hegtenis geneem.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag gesê die eerste inhegtenisnemings is verlede week Donderdag gedoen toe beamptes 10 sakke en drie bokse vol vervalste goedere, ter waarde van R4,2 miljoen onderskep het.

“Drie passasiers van Hongkong via Nairobi is verbind met die 10 sakke en drie bokse vol ontwerpershorlosies, skoene en sweetpakke. Hulle is intussen aan die polisie en prokureurs vir die betrokke produkte oorgegee,” het Sars in ʼn verklaring gesê.

Twee passasiers wat Sondag by die lughawe van Sao Paolo geland het, het elk 49 sakkies kokaïen ingesluk, ter waarde van R235 914. Die twee persone is in hegtenis geneem. “Die twee persone is as dwelmmuile geïdentifiseer en is vir X-strale geneem wat gewys het dat hulle vreemde voorwerpe ingesluk het.

ʼn Derde passasier, wat met drie verlate pakkies met 3 kg kokaïen, ter waarde van R800 000 verbind is, is ook in hegtenis geneem.

“Al drie passasiers en goedere is aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorgegee vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Scalla ·

Alida, ek dink hul moet nie praat van n dwelmmuil nie maar van n donkie.

w ·

Hoop hul sit baie jare. Verwoesting van lewens verdien hul die doodstraf. Jammer dit ni in SA moontlik ni

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.