‘Dwelmmuile’ in hof

Argieffoto

Argieffoto

Twee beweerde dwelmmuile wat in afsonderlike voorvalle by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem is, het in die hof verskyn.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê Roxanna Quipos Rivas (44) het Woensdag in die hof verskyn nadat sy Dinsdag by die lughawe in hegtenis geneem is. Rivas het van São Paulo via OR Tambo-lughawe na Maputo gereis toe daar glo dwelms ter waarde van R1 miljoen in haar bagasie gevind is. Die dwelms is glo in ʼn versteekte kompartement opgespoor.

Volgens Naidoo het Rivas met ʼn Peruaanse paspoort gereis. Sy is borgtog geweier aangesien sy nie ʼn vaste adres in Suid-Afrika het nie. Die saak teen Rivas is vir verdere ondersoek tot 18 September uitgestel.

Sinikiwe de Sousa (42), wat Saterdag by die lughawe in hegtenis geneem is, het Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn. De Sousa is in hegtenis geneem nadat daar glo dwelms ter waarde van R1,2 miljoen in haar bagasie gevind is. Die dwelms was glo in boeke versteek. Die saak teen haar is tot 29 Julie uitgestel, wanneer sy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Die dwelms is dalk meer as R1 miljoen werd, maar wat kry hierdie dwelmmeule daaruit en is dit REGTIG die moeite werd om jou lewe daarvoor weg te gooi!!! GELD WAT STOM IS. . . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.