Dwelmnes in Kaapstad oopgevlek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 38-jarige uitlander verskyn Maandag in die Kaapstadse landdroshof in verband met ʼn groot hoeveelheid dwelmmiddels wat glo in sy besit gevind is.

Die man is Vrydag in ʼn huis in Milnerweg in Maitland in hegtenis geneem ná ʼn gesamentlike klopjag deur verskeie eenhede van die polisie en metropolisie. Die Wes-Kaapse polisie het in ʼn verklaring gesê die man het nagenoeg 4 kg hoëgehalte-dagga, LSD, Ecstasy, ʼn jaggeweer en kontant in sy besit gehad. Die man het in die huis gebly waar hy glo met dwelms handelgedryf het.

Die man is in aanhouding by die Maitland-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Estelle ·

O ja baie goed! Gaan hof toe, kry ‘n boete en maak verder ons kinders dood!

alet ·

Orals is hulle besig by ons in die onderdorp is genoeg van hulle.Vang een more maak hulle n ander een oop .Dis waar al die geweld vandaan kom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.