Dwelms aan skoolkinders verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Wenk van die publiek het daartoe gelei dat die Johannesburgse polisie op verskeie dwelms, wat onder andere aan skoolkinders verkoop is, beslag gelê het.

“Dagga en ander dwelmmiddels is Woensdagmiddag by ʼn taxistaanplek in Breestraat in Johannesburg se middestad gevind,” het ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

Mbele het gesê hulle het ʼn wenk van die publiek ontvang dat mans by die taxistaanplek dwelms aan skoolkinders verkoop. “Toe die polisie daar opdaag, het die verdagtes weggehardloop en ontsnap.”

Kinders moes hul ID-boekies by die mans los as hulle nie geld gehad het om vir dwelms te betaal nie. “Die polisie het beslag gelê op ʼn 19-jarige se ID-boekie. Ons vermoed hy is een van die kinders wat dit daar gelos het omdat hy nie geld gehad het vir dwelms nie.”

Die dwelms het ʼn geskatte straatwaarde van R10 000. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Babs ·

Gee die polisie miskien die smokkelaars kans om weg te hardloop of is hulle maar net onbevoeg om die ouens in hegtenis te neem. Ruik ‘n rot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.