ʼn Wenk van die publiek het daartoe gelei dat die Johannesburgse polisie op verskeie dwelms, wat onder andere aan skoolkinders verkoop is, beslag gelê het.
“Dagga en ander dwelmmiddels is Woensdagmiddag by ʼn taxistaanplek in Breestraat in Johannesburg se middestad gevind,” het ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.
Mbele het gesê hulle het ʼn wenk van die publiek ontvang dat mans by die taxistaanplek dwelms aan skoolkinders verkoop. “Toe die polisie daar opdaag, het die verdagtes weggehardloop en ontsnap.”
Kinders moes hul ID-boekies by die mans los as hulle nie geld gehad het om vir dwelms te betaal nie. “Die polisie het beslag gelê op ʼn 19-jarige se ID-boekie. Ons vermoed hy is een van die kinders wat dit daar gelos het omdat hy nie geld gehad het vir dwelms nie.”
Die dwelms het ʼn geskatte straatwaarde van R10 000. – SAPA
Gee die polisie miskien die smokkelaars kans om weg te hardloop of is hulle maar net onbevoeg om die ouens in hegtenis te neem. Ruik ‘n rot.
Babs, netso. Hulle vat die ou goedjies vir hulself.