Dwelms al langs grondpad gevind

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man sal Vrydag in die Vryburg-landdroshof verskyn nadat hy glo verbind is met die verkoop van dwelms ter waarde van R327 000.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die Nigeriër (29) is Woensdag naby Vryburg in Noordwes in hegtenis geneem. Polisiebeamptes het gesien hoe ʼn verdagte voertuig verskeie kere op ʼn grondpad buite die dorp stilhou en het die voertuig genader.

“Toe die bestuurder die polisie sien, het hy uitgespring en in die bosse gehardloop. Die polisiebeamptes het hom agternagesit en in hegtenis geneem,” het Moleko gesê. “Met sy inhegtenisneming is dwelms in sy besit gevind en dit het die polisie genoop om al langs die grondpad en in die bosse te soek.”

Verskillende soorte dwelms, waaronder Kat, kokaïen en heroïen, is al langs die pad gevind waar dit onder bosse en in die grond weggesteek was. Die dwelms is ongeveer R327 000 werd, het Moleko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

jaco ·

hoe kom hierdie buitelanders vanuit die res van Afrika so maklik SA binne en hoe kry hulle dit reg om maar net te bly en te bly en te bly? Besef ons swart regering nie dat hulle werk wegvat van ons eie swart mense nie?

Berhalet Beukes ·

Laat hy in sy eie land in die tronk gaan sit. Vuilgoed! Hoekom moet ons belasting geld hom onderhou?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.