Dwelms by twee hoërskole gevind

Die dagga waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die Johannesburgse metropolisie het in ʼn gesamentlike poging met ander instansies vandeesweek soektogte by twee hoërskole in die suide van Johannesburg uitgevoer in ʼn poging om dwelms te bekamp.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê by die eerste hoërskool het die metropolisie, die honde-eenheid, die polisie, die plaalike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en Gautengse departement van onderwys as deel van hul Buya Mthetho-veldtog sigarette en dagga op die skool se perseel gevind.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om uit te vind aan wie die dwelms behoort. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die sigarette en dagga is na die Booysens-polisiestasie geneem.

“In ʼn afsonderlike soektog by nog ʼn hoërskool is ʼn 16-jarige seun in hegtenis geneem omdat hy na bewering ʼn dwelmhandelaar is,” het Minnaar gesê.

Die seun is later in die sorg van sy ouers vrygelaat terwyl die polisie se ondersoek voortduur.

Minnaar het gewaarsku dat meer soortgelyke soektogte met die samewerking van die departement van onderwys by ander skole uitgevoer gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

NET twee hoërskole in die Suide van Johannesburg? Hoekom? Kom bietjie Noorde van Johannesburg toe………..hier is dit vrot van die dwelms…en almal weet dit, maar doen absoluut niks daaraan behalwe praat nie..

Theresa B ·

Doen julle dit nou eers??!! Dit word al lankal by ons skole in die omgewing gedoen.
Baie suksesvol ook.

Meneer ·

SAPD is bang vir geharde kriminele. Makliker om te arresteer vir dwelms, dan het hulle immers arrestasies gemaak.

hendrik ·

Wat die polisie nou se is… “Dwelmsmouse, sit jul dwelms vireers opsy totdat ons klaar al die klopjagte uitgevoer het, daarna kan julle maar weer voortgaan.” Wat het geword van die verrassingselement.
,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.