Dwelms en diamante gekonfiskeer by Lesotho-grens

Argieffoto (Foto: SAUK)

Argieffoto (Foto: SAUK)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Maandag gesê hulle het die afgelope week beslag gelê op diamante, dwelmmiddels en gesteelde voertuie by die Lesotho-grens in die Vrystaat.

“Twee mans van Lesotho is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle onwettig die grens na Suid-Afrika probeer oorsteek het met 328 diamante ter waarde van ongeveer R3.2 miljoen,” het kol. Jan Andreas, woordvoerder van die SANW, in ʼn verklaring gesê.

Twee Suid-Afrikaners is verlede Sondag in hegtenis geneem nadat hulle met 800 kg dagga met ʼn geraamde straatwaarde van R800 000 betrap is.

“Twee gesteelde skoolbusse is dieselfde dag opgespoor waar hulle in die Caledonrivier in die modder vasgeval het,” het Andreas bygevoeg. “Die voertuigdiefstaleenheid in Ladybrand het beslag gelê op vier ander voertuie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.