Dwelms gevind toe polisie op hoërskool toeslaan

Van die items waarop daar beslag gelê is. Foto: EMPD

Beamptes van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het vandeesweek dwelms in hoërskoolleerders se besit gevind nadat hulle onverwags op twee hoërskole aan die Oos-Rand toegeslaan het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het Saterdag gesê die klopjag wat op die skole uitgevoer is, was ʼn gesamentlike poging tussen die EMPD, die SAPD en die plaaslike buurtwag.

Die span het Woensdag ʼn besoek aan Prestige College en Petit High School afgelê waar leerders vir wapens en dwelms deursoek is. “Hierdie operasies word van tyd tot tyd gehou om spesifiek te fokus op skole waar daar gereeld probleme opduik. Dit word in samewerking met onderwysbeamptes gedoen,” het Kgasago gesê.

Hy het gesê by Petiti High School is daar 23 daggasigarette, ʼn sakkie vol dagga, talle gewone sigarette en vuurhoutjies in leerders se besit gevind. Daar is ook beslag gelê op 30 selfone en ʼn radio, aangesien dié items in klaskamers verbied word.

“Die selfone is in die sorg van die skoolhoof gelaat, terwyl die ander items by die Crystal Park-polisiestasie ingegee is,” het Kgasago gesê. Dit was nie onmiddellik duidelik of strafregtelike stappe teen enige leerders gedoen is nie.

Geen onwettige óf verbode items is by Prestige College gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Ja, Koos….Lesufi noem dit kulturele kruisbestuiwing…..tot voordeel van die nuwe Suid Afrika se reënboog nasie…

Andrea van Vuren ·

Wonder watter verskonings gaan Lesufi nou uitdink om die verleentheid toe te smeer. Jan van Riebeeck gaan die skuld moet dra.

Lollie ·

So word die duiwel suutjies deel van ons lewe. Daar was nooit in die verlede sulke tipe probleme by blanke skole nie maar dit gaan nog oral ń probleem word.
Sal interessant wees om te weet hoeveel sulke goed hulle sal kry as hulle gereeld op al die skole toeslaan!

Koos ·

Daar is heelwat oorwegend “blanke” skole waar skoolhoofde sulke klopjagte eerder wil vermy. Dit knou die skool se “goeie” reputasie en soms is dit die hoë bome se kinders wat betrokke is.

Nettie ·

@Lollie, kom ek vertel jou ‘n ding: daar wás sulke tipe problem by blanke skole in die verlede – dit is net baie goed onder die mat ingevee. Skoolgaande dogters hét swanger geraak, daar ís skelm gerook en daar wás dwelms soos dagga, LSD en coke op die skool-terrein. Die “stoute” kindertjies is egter daardie tye net suutjies uit die skole gehaal en na tehuise vir ongehude moedertjies of verbeteringskole gestuur. En ons, as jeugdiges in die 1980’s, was só onskuldig dat ons nie eens twee keer daaroor gedink het as ‘n skoolmaat skielik nie meer in dieselfde klas as wat ons is, gewees het nie. Ons sou gehoor het dat hulle “getrek” het, of so iets.

John Barnardt ·

Ouens met jou liberale mindset is die eintlike gemors terloops in die wit skole gaan dit net so

Ellisras ·

Dagga is teen die wet. Dit moet afgevat word. MAAR selfoone is teen die skoolreëls. Die SAPD en/of die Metropolisie is nie daar om skoolreëls af te dwing nie. Dit is magsvergryp van die skool se kant af. Stop dit.

zoom zoom ·

Van wanneer af is gewone sigarette en vuurhoutjoed as ‘n dwelm verklaar en moet dit by die ingehandig word as dit aan ‘n leerder se besit gevind word.

Cherokee ·

zoom zoom, (sommige) mense wat met verslaafdes werk, beweer nikotien is een van hewigste verslawings.

Francois Joubert ·

Jy moet 18 wees om sigarette te koop. As dit op jou persoon is en jy is nie 18 nie is dit onwettig.

juanita ·

Why don’t they go to the source, the places where gangsters and drug dealers live!

Net ek ·

The neighbourhood phoned SAPS on a regular basis regarding drug dealing in a park. The answer that was given one time: stop calling the police about people in the park.
This is where school kids as young as 7 buying drugs. In municipality’parks.

Voorkomend ·

Beheerrade moet elke maand toesien dat ALMAL
op skoolperseel enigetyd DEURSOEK word.

CAROL ·

Ek wens hulle wil n bietjie hier in Pretoria se hoerskole ook toeslaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.