Dwelms in haarprodukbottels versteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Snuffelhond het 7,5 kg kokaïen by die Internasionale Lughawe OR Tambo ontdek wat in haarprodukbottels versteek was.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Sondag gesê die besending haarprodukte is by ʼn afsetpunt van ʼn koeriermaatskappy by die lughawe gevind. Die besending het van São Paulo in Brasilië die land ingekom en was onderweg na Kaapstad toe dit onderskep is.

“Altesaam 7,5 kg vloeibare kokaïen is in die haarprodukbottels gevind wat gemerk is as ʼn ‘Anti-Frizz’-middel. Die dwelms het ʼn geskatte waarde van R2 157 750.”

Die polisie het beslag gelê op die dwelms en ondersoek die saak verder. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.