Dwelms in man se maag gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat glo dwelms ter waarde van honderde duisende rande gesluk het om dit uit Suid-Afrika na Nigerië te smokkel, is Dinsdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die 46-jarige man, wat met ʼn Nigeriese paspoort gereis het, is vroeg die oggend in hegtenis geneem net voordat hy ʼn vlug na Lagos sou neem. Hy het pas uit Sao Paolo, Brasilië, in Suid-Afrika geland.

“Die man het vir polisiebeamptes op die lughawe gesê dat hy in Brasilië was om by een van sy vriende te kuier. Die beamptes het hom egter met behulp van skandeerders ondersoek en agtergekom dat hy iets gesluk het,” het Mulaudzi gesê. Dit het later aan die lig gekom dat die man pakkies kokaïen, gesamentlik 1,1 kg, ter waarde van R325 000 gesluk het.

Die man is in hegtenis geneem en sal vandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gesiggie ·

Sjoe hy moes maar swaar gesluk het aan die een…. en as hy dan dit nou kon regkry om dit op so n manier te smokkel… hoe dan gemaak as hy aan die ander kant kom…. Laxa ? en een druk… om dit uit te kry? of net gou n klein maag operasie??? hoe maak die mense om die goed uit te haal, uit sy maag?? down the drain go all the money???

Marietjie ·

‘n ou gaatjie in die sakkie sou hom bokveld toe gestuur het met al daai drugs!

Ilze ·

Ek kan nie verstaan hoe mense nog so iets oorweeg nie. Baie mense is hardop vir geld maar is die die moeite werd?!

Ander Ilze ·

Wel, dit moet definitief die moeite werd wees as jy bereid is om 1.1 kg se kokaïen pakkies te sluk. Die dwelmesels word met groot geld beloon.

ST ·

Dit gaan sleg in ons land as ons nou al begin dwelms smokkel na Nigeria! Dit was altyd anders om.

Knapie ·

Ja, en die heeltyd is ons onder die indruk dat die nigeriers dwelms ín S.A. ín smokkel…

Goed so as hulle die goed weer saam terug vat.

sjoe ·

Sjoe outjie net jammer een sakkie het nie gelek nie, dan was ons sommer van ‘n desperate esel ook ontslae. Ek dink daai is sterk goed wat bietjie verwerk word in Nigerie en dan terugkom SA toe, die verpestings, daar moet goeie geld in wees om die vlugte etc te betaal en nog die fooi, dit is hoekom hul die kanse vat en die arme esel wat val vir die plan!!!!! Die ander nadeel nou moet ons weer ‘n Nigier voed!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.