Dwelms in sjampoebottels op OR Tambo gevind

Argieffoto

ʼn Reuse-hoeveelheid kokaïen asook buitelandse valuta is sedert 5 Julie by die OR Tambo Internasionale Lughawe gekonfiskeer.

Sandile Memela, woordvoerder van Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê beslag is gelê op 197 kg kokaïen en Amerikaanse dollar ter waarde van R7 miljoen.

“Die jongste voorval het plaasgevind toe doeane-inspekteurs verbonde aan die diens se honde-eenheid  die kokaïen wat as sjampoe aangebied is, uitgesnuffel het. Die voorval het op 10 Julie plaasgevind,” het Memelo gesê.

Die betrokke pakkie was van Sao Paolo in Brasilië op pad na Australië.

“Die dwelms is in sjampoebottels weggesteek,” het hy gesê. “In die bottels was daar ʼn soort wit room wat baie vinnig opdroog en in poeier verander sodra dit droog is. Dit het positief getoets vir kokaïen.”

Die goedere is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

marous ·

Sal lekker hoender kop raak as jy jou hare met die goed was.

Jaybee ·

Die vindingrykheid van die skelms hou net nie op nie. Verbasend waarmee hulle elke keer vorendag kom.

snoefie ·

waarheen was die dollars oppad en van waar? dalk nog deel van Maart se lughawe-buit?

Alida ·

Dit moes daar en dan verbrand gewees het. Nou verwissel dit net hande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.