Dwelms in vraghouer in hawe gevind

Foto: Valke

Foto: Valke

Lede van die Valke het op ʼn groot hoeveelheid dwelms beslag gelê by die Durbanse hawe.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê hulle het Vrydagaand inligting ontvang oor dwelms versteek in ʼn vraghouer op ʼn skip wat op pad was hawe toe. Die skip het dieselfde aand in die hawe aangekom, waarna lede van Valke, doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die polisie toegeslaan het.

“Die vraghouer is afgelaai en deursoek en die beamptes het op ongeveer 140kg efedrien afgekom wat in sakke vol peper versteek is.

Foto: Valke

Foto: Valke

Die straatwaarde van die dwelms is nagenoeg R3 miljoen.” Volgens Mhlongo is efedrien ʼn skedule ses-middel in Suid-Afrika en kan dit onder meer gebruik word in die vervaardiging van die dwelm tik.

Lt.genl. Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, het wetstoepassingsagentskappe geloof vir hul samewerking in die stryd teen georganiseerde misdaad. “Dit is ʼn groot terugslag vir dwelmhandelaars en invoerders wat soveel skade in ons gemeenskappe aanrig. Dit stuur ʼn sterk boodskap dat die regering ernstig daaroor is om die wins wat uit misdaad gemaak word, in te perk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

Amper elke dag word versteekte dwelms ontdek by hawens, op ons grense en op lughawens. Mense gebruik dit en leef tussen ons en ry op ons paaie. Misdaad gedy, betogings is alledaags en brande is die lig waarby ellelange griefskrifte voorgelees word. Watter rol speel doofmiddels in al die chaos in SA?

Theo ·

Dis die grotes wat die kleintjies uithaal om meer besigheid te bekom, hond vreet hond.

Hasie ·

Niemand is in hegtenis geneem nie, die valke vang net die dwelms. Of het hulle gewag tot die skuldiges dit kom afhaal en vang dan die skuldiges.

Amanda Van Vuuren ·

27 Junie Wees dankbaar vir hierdie onderskepping!! weet julle enige iets vd skade wat drugs veroorsaak?? want die antwoorde is baie baie koud! Die ‘so called’ grotes se beurt kom! Die Here slaap nie! Well done Valke!

Veritas ·

Die rede vir die groot hoeveelhede dwelms wat deesdae gevind word, kan een van twee dinge wees. Óf die verskeie dwelmeenhede doen hul werk deegliker óf die dwelmsmouse kanaliseer meer dwelms deur SA omrede die beheer hier, so swak is. Wie sal weet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.