Dwelms, kontant gevind in Bellville

Dwelms wat deur die polisie in Bellville gevind is. (Foto: Verskaf)

Die Bellville-polisie is Saterdag vir hul harde werk beloon toe hulle op ʼn groot klomp dwelms, geld en gesteelde goedere beslag gelê het.

Die polisie het dié goedere in ʼn woonstel in Bellville gevind. Dit nadat hulle op inligting reageer het wat hulle na ʼn veiligheidskompleks in Teddington-straat in Bellville gelei het.

Hier het hulle vroeg Saterdagoggend beslag gelê op 3 329 Mandrax-tablette, kontant ten bedrae van R22 000 en skootrekenaars. ʼn Agt-en-twintigjarige verdagte is ook in hegtenis geneem vir die besit van en handel in dwelms. Die verdagte is ʼn buitelander en sal Maandag in die landdroshof in Bellville verskyn.

Die Wes-Kaapse polisie het die span geloof vir hul harde werk. Hulle verwag ook dat meer inhegtenisnemings sal volg soos die polisie bestaande leidrade opvolg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Waar word die tablette verwaardig, en hoe maklik of moelik is dit om te verwaardig? Is dit in ‘n huis in Milnerton, ‘n huis in Lavender Hill of Muizenberg, of miskien iewers in die Kaap se industriële terreine??? Geluk met elke fonds van dwelms, maar moet miskien soek vir die slang se kop, of koppe en hulle afkap!!

m ·

Ja dis mos net om die draai van daai kompleks daar by die poskantoor wat hulle “little Nigeria” noem.

Wielspore ·

Heelwat mense se wêreld beker vieringe is nou kort geknip.
Goeie werk!

humor ·

Dit lyk my daar is baie meer as maar net 3,229 tablette is dit nie dalk 3229 sakkies tablette nie.

sannie ·

Hierdie nuus is groot baie geluk. Dit lyk MM af is die naweek die seuntjie deur die hond gebyt nogsteeds hoofnuus die hele naweek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.