Dwelms op skip wat yster invoer

Valke, dwelms, Richardsbaai, polisie, misdaad

Blokke kokaïne met ʼn geskatte waarde van sowat R15 miljoen is aan boord gevind. (Foto: KZN, Valke)

Kokaïen ter waarde van sowat R15 miljoen is versteek gevind op ʼn skip van Colombia wat by Richardsbaai anker gegooi het.

Lede van die Valke in KwaZulu-Natal, saam met ʼn taakspan bestaande uit die King Cetshwayo-distrikspan, misdaadrekordsentrum, Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Amerikaanse dwelmwetstoepassingseenheid (DEA), het die skip ingewag en deursoek.

Inligting is ontvang dat die skip glo yster vervoer, maar dat daar ook dwelms versteek word.

ʼn Ondersoek is aanhangig gemaak en die klopjag beplan. Blokke kokaïen met ʼn geskatte waarde van sowat R15 miljoen is aan boord gevind.

Volgens lt.kol. Simphiwe Mhlongo, Valke-woordvoerder, is niemand nog in verband met die vonds in hegtenis geneem nie.

“Bewyse word nog ingesamel, dus is niemand nog aangekeer nie, maar die ondersoek duur voort,” sê Mhlongo.

Lesetja Senona, hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, het al die betrokkenes bedank.

“Hulle het verseker dat hierdie dwelms nie op straat beland nie. Ons gaan voort om saam met ander agentskappe die oortreders wat betrokke is, op te spoor.”

Valke, dwelms, Richardsbaai, polisie, misdaad

Die ondersoekspan besig om die blokke kokaïne in te neem. (Foto: KZN, Valke)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SjN ·

SA word n misdaadhool, buitelanders kom en gaan en maak soos hul wil aangesien hul weet hier is geen wet en orde nie.

Renier ·

Lyk na 2 kilo blokke,wat beteken na dit gesny is ,is dit baie meer as 15miljoen werd.

Leeubekkie ·

Wonder wat maak hulle met al die kokaïne wanneer hulle dit konfiskeer? Met al die korrupsie in ons land kan mens maar net hoop en bid dit word vernietig…..

domheks ·

Word seker weer op straat verkoop – korrupsie vier hooggety!

Amelia ·

Moes net daar en dan vernietig word soos almal se kan dalk maar net weer op straat beland beste sal wees elke skip vliegtuig kar enige ding wat land inkom moet deursoek word en lewenslank vir die wat drugs verkoop te veel mense se lewens word vernietig nie net die 1 wat dit gebreuk nie die hele gesin en soms families

Danie ·

En dis wat gekry word.As ons dit maar net weer kon verkoop as dit nie die geval is nie.SA gangster paradys.

Marous ·

Ons voer yster in ? Het die spul te sleg geword om ons eie yster te ontgin ?

Di ·

SA is elke krimineel se droom! Almal stroom onwettig oor die grensposte en kriminele floreer hier. Glo dat DIE tipe dwelmsmokkelary ‘n algemene ding is, min dat hulle uitgevang word. Strawwer tronkstraf moet opgele word vir dwelmhandel soos in ander lande maar nee, kriminele in SA kom weg met alles, selfs moord. Kyk maar hoeveel ry karre wat miljoene rande kos, laat my nie vertel hulle almal het ‘n werk waar hulle massiewe salarisse verdien nie.

Cherokee ·

SJN, jy kan nie net buitelanders blameer. Soos jyself sê, lokaal gaan dit net so.

Wielspore ·

Met hierdie hoeveelheid Kokaïen kan dit ‘n hele klomp polisie manne “happy” hou vir die res van die jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.