Dwelms tussen snye brood versteek

Die dwelms was in die brood versteek. (Foto: SA Polisie)

Die Vrystaatse polisie het ʼn 44-jarige man vir die beweerde besit van dwelms aangekeer nadat hy die afgelope naweek in Welkom met mandrax-tablette en tik aangetref is.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê AO David Mlangeni en sy kollega, AO Corrie Spies, verbonde aan die blitspatrollie, het inligting ontvang dat die verdagte dwelms by hom het en het die man vinnig opgespoor.

Die beamptes het hom genader en gevra om hom te deursoek.

“Tydens die deursoeking het hulle 105 mandrax-tablette en 19,5 g metamfetamienkristalle met ʼn straatwaarde van R14 400 gevind.

“Dit was tussen snye brood versteek,” sê Mbambo.

Die man verskyn na verwagting later vandag in die Welkom-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.