Dwelms van bykans R20 miljoen by OR Tambo

Argieffoto

Argieffoto

Dwelms met ʼn geraamde straatwaarde van bykans R20 miljoen is Vrydag by die OR Tambo Internasionale Lughawe opgespoor.

“Die dwelms was in haarstukpakkies van Nigerië versteek,” het Marika Muller, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), in ʼn verklaring gesê. “Daar was metamfetamien (tik) van 65 kg ter waarde van R19.5 miljoen in die pakkies versteek. Dit is die grootste klopjag van tik by OR Tambo.”

Die dwelms is aan die polisie oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

ELKE Nigiriër moet SA uitgehelp word terug na hulle land. Wat soek hulle hier? Die immigrasiewette is nou kammig so streng maar word dit toegepas? Hier is skaars werk vir ons eie mense en dis nie asof hulle spesifieke vaardigehede inbring nie. Dis nou tensy jy dwelmsmokkelary en prostitusie as spesiale vaardigehde beskou. Hulle is slegte nuus en ons soek hulle NIE in die land nie.

Peter Says ·

“Easy Gateway” se niks meer nie, verheug julle het die gespuis gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.