Dwelms van R8 miljoen by OR Tambo gevind

Die verlate bagasie wat op 20 Mei 2016 op OR Tambo Internasionale Lughawe gevind is (Foto: SAID)

Die verlate bagasie wat op 20 Mei 2016 op OR Tambo Internasionale Lughawe gevind is (Foto: SAID)

Doeanebeamptes het beslag gelê op ʼn verlate bagasiesak, bestem vir Abu Dhabi, wat dwelmmiddels ter waarde van R8,1 miljoen bevat het.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het Dinsdag gesê die bagasiesak is Vrydag reeds verlate by OR Tambo Internasionale Lughawe gevind. Die bagasie was oorspronklik van Chennai, Indië en bestem vir Abu Dhabi. Die sak is ondersoek en die verdagte suikeragtige middel is uiteindelik as kristal-metamfetamien uitgeken.

“Niemand het nog die bagasie opgeëis nie,” het Memela bygevoeg. “Die sak is aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorgegee vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

MissDemeanor ·

Dit sal so bietjie ironies wees as die bagasie perongeluk in SA beland het agv van ‘n fout van die lugredery. Die dwelmbase is seker nie baie ingenome met hul muil nie.

Berhalet Beukes ·

Sulke goed gebeur nie per abuis nie… Nes die dwelms wat in die see langs die kus gevind is nie per abuis daar afdryf nie…

Jannie ·

Die gebruik om die hoeveelheid dwelms wat gevind is in Randwaarde uit te druk, kan by misdaadgeneigdes die persepsie skep dat groot geld met dwelms verdien kan word. Kan die hoeveelheid nie miskien eerder uitgedruk word in terme van die aantal mense wat daardeur bedwelm/verslaaf kon word nie?

KP ·

Wonder net waar gaan al die dwelms heen wat so gekonfiskeer word. Het nog nooit gehoor dat dit vernietig word nie. Befonds hulle dalk ANC daarmee.

Johann Marx ·

As dit bestem was vir Abu Dhabi…stuur dit aan!! Dan’s dit hulle probleem…of aanwins.

Berhalet Beukes ·

Handig dit aan die polisie oor… Dwelms nou offisieel in die kant… Nou kan die korrupte polisielede dit op straat kry… En wie gaan enigsins beter weet?

Pendoring ·

Lyk nogal baie na dieselfde logo op die plastieksakkies wat hulle Maandag uit die Nissan bakkie uitgehaal het. Dalk dieselfde vervaardiger?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.