Dwelms, wapens by Westville-tronk ondersoek

Argieffoto

Die minister van korrektiewe dienste, Ronald Lamola, eis antwoorde ná twee skokvideo’s, wat klaarblyklik by die Westville-gevangenis gemaak is, wys hoe gevangenes openlik dwelms gebruik, asook hoe korrektiewe beamptes glo wapens aan hulle gee en hulle aanmoedig om te baklei.

Chrispin Phiri, Lamola se woordvoerder, sê die minister eis nou om te weet wie die amptenare aan diens was, of hulle aan enige tugproses onderwerp is en of ʼn saak van die handel in dwelms by die polisie aangemeld is.

“Die verslag moet so gou moontlik bekend gemaak word. Ons is nie ʼn wettelose land nie. Instellings wat veronderstel is om oortreders te rehabiliteer, kan nie ʼn nes van wetteloosheid wees nie,” het Lamola gesê.

“Daar is geen plek in ons samelewing vir amptenare by belangrike instellings soos korrektiewe dienste wat geen respek vir die wet het nie.

“As die ondersoek bevind dat enige beleid of wetgewing oortree is, gaan daar ernstige gevolge vir die betrokke mense wees. Ons samelewing vereis die hoogste vlak van dissipline en verantwoordbaarheid van die hele strafregstelsel,” het Lamola gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan Jooste ·

Wat van mense soos Shabir Shaik wat lekker buite rondloop? Ons samelewing is verrot! Ek wil nie meer ‘n Suid Afrikaner wees nie, my mense het my diep teleur gestel!

fred ·

die staatsinstellinge is vrot vrot vrot….is daar één staats departement wat redelik bestuur word?
Bestaat daar iets as n vierde wêreld land????

Kabeljou ·

Ernstige gevolge ? Nie in hierdie land nie! Die korruptes en staatskapers bewys dit mos! Geen gevolge nie, doen net wat jy wil! Solank jy die regte kleur is natuurlik!

Marietjie ·

Dis presies wat ons land is wetteloos. Dis ‘n sirkus.

Hanna Hoekom ·

Ondersoek ook sommer die talle ontsnappings uit tronke en polisiestasies! Daar sal geen verrassings wees nie: polisielede en tronkbewaarders is kop in een mus met hierdie misdadigers.

koos nap ·

Ek wed dit gaan erger raak want niks word gedoen om dit beter te maak nie.

Hennie ·

Die tronk meneer
Waar hulle krimmies rehabiliteer
Van minder na meer… Wat ‘n pik donker grap!

George in Bloem ·

Hulle het ‘n ondersoek nodig om te sien wat daar aangaan terwyl dit tog so duidelik is soos daglig? Rerig? Niks van hierdie dinge is moontlik sonder die samewerking van onbevoegde korrupte bewaarders nie en dalk moontlik ook hoer op in die bevelstruktuur met elke ou wat sy “cut” kry. Hoe anders? Ondersoek……pffffftt….gaap……Same old same old.

schaun ·

Ek verstaan nie n gevange in die tronk het gelyke regte ongeag ras of geslag maar as jy n wetsgehoorsame burger is dan het bv n wit persoon nie dieselfde reg as n persoon van kleur nie en die diskriminerende verdrukking word gedoen onder regstellende aksie na 25 jaar en bekragtig deur wetgewing Ek verstaan dit nie ?

marous ·

Ons is nie ‘n wettelose land nie . Ons het baie wette maar niemand steur hulle daaraan nie . Die korrekte benaming daarvoor is anargie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.