Dwelmsindikaat in Jhb oopgevlek

Argieffoto

Twee vermeende dwelmhandelaars is Woensdag in Palm Ridge, Ekurhuleni, in hegtenis geneem toe polisiebeamptes ʼn klopjag op ʼn huis uitgevoer en afgekom het op dwelmmiddels, kontant en SAPD-toebehore.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het op ʼn wenk reageer wat die span na die huis in Palm Ridge gelei het. “Twee verdagtes, onderskeidelik 29 en 38 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van handeldryf met en die besit van dwelmmiddels (CAT en gekristalliseerde metamfetamien).

Dlamini het verduidelik verdere ondersoek het die polisiebeamptes na ʼn huis in Katlehong gelei waar beamptes ook op CAT beslag gelê het. “Die beamptes het ook by dié huis op toebehore van die Suid-Afrikaanse Polisiediens afgekom. Die eienaarskap is intussen bevestig.” Hy het nie bekend gemaak watter items opgespoor is nie.

Die dwelmmiddels waarop daar beslag gelê is, het ʼn geraamde waarde van R800 000.

Die twee verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tamboti ·

Ag kom aan R800 000 is nie ‘n sindikaat nie, dis maar net ‘n paar pushers.
Onlangs is daar in een voertuig hier in die Noorde R8 milj. se dwelms gevind – en dis nog net smokkelaars!
Boonop net twee in hegtenis geneem? Nee wat SAPD dit is nie eers sindikaat se stert se punt se flooi nie!

Guve ·

Knap gedaan,sindikaat of nie,dis uit di samelewing verwyder,en ek as ma is bly,hou so aan!!

bloubaaitjie ·

doen saps iets goed isit sleg, doen saps sleg isit sleg, dink mense soos jy moet volgende keer die krimineel bel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.