Dwelmslaaf pleit skuldig op PTA-knopkieriemoord

Louis Eksteen. Foto: Facebook

Louis Eksteen. Foto: Facebook

ʼn Selferkende dwelmverslaafde het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof erken dat hy ʼn vriend met ʼn knopkierie doodgeslaan het nadat die slagoffer glo seksuele toenadering by hom gesoek het.

Juda Joseph Plekenpol (31) is deur regter Tshifiwa Maumela skuldig bevind op aanklagte van moord en roof nadat die staat sy pleitooreenkoms aanvaar het.

Plekenpol het erken dat hy Louis Eksteen (45) in April 2013 in sy huis in Garsfontein, Pretoria vermoor en beroof het.

Eksteen se bebloede liggaam is 13 April vasgevind in sy badkamer aangetref. Hy is met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan. Plekenpol is op 17 April 2013 in die weste van Pretoria in verband met die moord in hegtenis geneem.

ʼn Paneel van kenners het Plekenpol by die Weskoppies psigiatriese hospitaal waargeneem en bevind dat hy geskik is om verhoor te word. Hulle het ook bevind dat hy nie enige geestelike versteurings het wat sy vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei, benadeel nie. Hy is egter met dwelmafhanklikheid, ‘n antisosiale persoonlikheidsversteuring en ‘n emosioneel onstabiele afwyking gediagnoseer.

Plekenpol het in sy pleitverklaring gesê hy het Eksteen in Maart 2013 deur ʼn gemeenskaplike vriend, Eddie Polland, ontmoet. Hy het erken dat hy ʼn seksuele verhouding met Polland gehad het.

Plekenpol het op 9 April by Eksteen gaan kuier en die aand daar spandeer terwyl hy en Eksteen glo baie vodka gedrink het. Hy het getuig dat hy en Eksteen die volgende dag die dwelmmiddel Cat gesnuif het, en tot die vroeë oggendure nog gedrink het.

“In ʼn stadium deur die aand het die oorledene seksuele toenadering by my gesoek, wat my ontstel het. Ek het probeer om dit te ignoreer en het verder gekuier,” het Plekenpol aangevoer. “Die oorledene het my later aan my arm gegryp en gesê ons moet na sy kamer gaan. Dit het my verder geskok en verneder.”

Volgens Plekenpol het hy homself uit Eksteen se greep losgeruk en oor ʼn bank geval. Hy het sy humeur verloor en Eksteen met die knopkierie aangeval. “Weens die emosionele toestand waarin ek was, kan ek nie onthou hoeveel keer ek hom geslaan het nie. Dit was verskeie kere oor sy bolyf en op sy kop.”

Plekenpol het gesê toe hy besef hy het Eksteen ernstig beseer, het hy “impulsief” besluit om die slagoffer se besittings te steel om geld vir dwelms te bekom.

Plekenpol het gesê sy dwelm- en alkoholmisbruik, asook depressie en selfmoordneigings het erger geword ná die voorval.

Die saak duur Woensdag voort.

Lees ook:
Man vas ná knopkieriemoord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

lorayne ·

Ja broer. . . . Dood het ook ‘n oorsaak, al is dit net ‘n tekort aan suurstof! Jy verdien wat jou kant toe kom!

Leeutjie ·

As ek so na die oorledene se mooi foto kyk wonder ek of die moordenaar die waarheid praat. Wat is die waarheid en wat het daar gebeur? Iemand moet die skuld kry en die oorledene is nie daar om homself te verdedig nie. Dis mos maklik om jou vuil dade op iemand anders te pak. Lorayne, ek stem saam…. hy moet kry wat na sy kant toe kom!!!

Swannie ·

Gaan ons dalk ‘n voorsmakie kry van wat dalk moontlik op Oscar Pistorius wag?

amelia ·

Kom ons veronderstel jy praat die waarheid dat jy verneder is hoekom het jy nie daar pad gegee nie Jy was bereid om te steel vir dwelms maar nie om van jou problem (dwelms) af te kom nie nee wat jy die man dood gemaak vir geld vir dwelms

amelia ·

Kom ons veronderstel jy praat die waarheid dat jy verneder is hoekom het jy nie daar pad gegee nie Jy was bereid om te steel vir dwelms maar nie om van jou problem (dwelms) af te kom nie nee wat jy die man dood gemaak vir geld vir dwelms

NA Starovia ·

Ek dink nie hy gaan n probleem he om in die tronk te wees nie , dalk net die Vodka mis ,maar dwelms en knopkieries …No problemo mucchacho .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.