Dwelmslaaf spuit lugverfrisser by lyk

lugverfrisser

Argieffoto

Jurgens van der Merwe (29), ʼn moordverdagte en heroïenverslaafde, het lugverfrisser gespuit en dwelms gebruik nadat hy op sy vriendin (42) se lyk in hul woonstel in Alberton afgekom het, berig Beeld.

Van der Merwe het Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof getuig dat Lynette Botes se lyk in die slaapkamer was en dat hy die deur toegetrek het. Hy het ‘n skuifdeur oopgemaak en die lugverfrisser gespuit waarna die reuk nie meer so erg was nie.

Van der Merwe het getuig dat hy hierna dwelms gebruik het en die volgende dag van haar besittings verkoop het.

Van der Merwe het tydens kruisondervraging gesê dat hy Botes vir die laaste keer op 8 Oktober 2011 gesien het. Hy sê hy het die woonstel verlaat omdat hy “seergemaak was” nadat Botes glo ‘n ekskêrel se naam uitgeroep het terwyl hulle seks gehad het.

Hy het vir haar gesê hy kort tyd om “af te koel” en is glo direk van die woonstel na sy dwelmhandelaar in Springs. Hy het aan die hof gesê hy was seergemaak maar nie kwaad nie.

Toe Van der Merwe op 12 Oktober na die woonstel teruggekeer het, het hy Botes dood in die slaapkamer gevind. Hy het niemand gebel nie.

Van der Merwe is op 14 Oktober in Secunda in hegtenis geneem.

Die verhoor is tot 22 Augustus uitgestel wanneer slotbetoë na verwagting gelewer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

SKOKKEND !

Dis asof sommige mense sowaar meer en meer BOOS RAAK BY DIE DAG !

– | –

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.