E. coli-bedreiging vir blouvlagstrande

Clifton Foto: wallpaperweb.org

Clifton Foto: wallpaperweb.org

Die watergehalte van strande in Kaapstad kan dalk verswak weens rioolwater wat in die see ingepomp word, het die Sunday Times berig.

“Die watergehalte by Clifton, wat ʼn blouvlagstrand is, en ander strande langs die Kaapse Skiereiland, kan ʼn verhoogde E. coli-telling hê,” het prof. Edda Weimann van die Universiteit van Kaapstad gesê.

Daar is verskeie rioolpompstasies aan die kuslyn wat riool in die see inpomp. “Slegs puin en groter partikels word deur ʼn filtreerstelsel gekeer,” het Weideman aan die koerant gesê. Sy het Clifton glo begin monitor en het die geel skuim en slegte reuk opgemerk. Sy het verlede week foto’s geneem van besoedeling by Grottostrand in Hermanus, nog ʼn blouvlagstrand. Sy het ook dooie robbe by Pearlystrand en Die Dam afgeneem. “Skuim en die geel sand hou verband met verhoogde E. coli-tellings,” het sy in ʼn ekologie-joernaal geskryf.

Blouvlagstatus is ʼn internasionale toekenning wat uitgereik word indien die strand uitstekende veiligheid het en baie skoon is. Morgan Griffiths, woordvoerder van die Wild-en-omgewingsvereniging van Suid-Afrika (Wessa), het gesê die strande is veilig. Die water word glo elke twee weke getoets en Clifton se toetse het vandeesweek ʼn effense verhoging in sy E. coli-tellings aangetoon, maar die volgende dag was die water weer skoon. “Die publiek hoef nie angstig te wees dat hulle in rioolwater swem nie,” het Griffiths gesê. “Hulle swem in van die skoonste seewater wat onafhanklik getoets word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hanno Visagie ·

Geel skuim en sand?! Die kleur van verdunde feses en urine?!

petrus swanepoel ·

Ons was die afgelope December in Margate, daar was verskeie plekke waar menslike afval tussen die rotse en strandlangs voorgekom het, dit stink heeldag, bring uit die rooi vlag. Soveel mense besoek Margate en dra miljoene rande by tot die dorp se ekonomie en in ruil is die plek vuil, sies man, besoek eerder Uvongo.

Patsy ·

Doen ‘n bietjie navrae na al die persone (50) wat die afgelope paar dae in Margate in die hospitaal beland het na hulle in die Lagoon by Margate geswem het. Kleintjies wat nou al vir die tweede keer opgeneem is met “Gastro”.

vliegie ·

Weereens ly besighede ens. In margate skade a.g.v die regering nie doen waarvoor hul betaal word nie. Hul is vinnig om jou tax geld te vat maar as dit by iets terug gee kom, dan is hul nerens te sien nie. Slapgat as jy my vra.

Nina ·

Julle is seker bewus daarvan dat party baaiers sommer hul toiletdinge in die see en op die strand doen? Al is daar toilette skaars 100 meter verder! Yuck!

Daar het eendag op Warner Beach ‘n hele grote familie aangekom. Almal in die water. Nie ‘n halfuur later het die een kind vir sy pa (opgedress in jeans, tekkies en all!) kom sê hy wil toilet nr 2. Broek reg voor my twee meisiekinders afgepluk, gesquat en whalla……En toe terug water toe. Ons het summier opgepak en huistoe gegaan.
Daar was tye wat ons vir seker twee weke na die vakansieseisoen nie kon waag om kaalvoet op die strand te loop of in die water te gaan nie, want dit was vieslik vuil! Jy is te bang jy tel een of ander vieslike sieke op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.