E-tol-bedrieër beboet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Senior navorser by die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing (WNNR), wat vals nommerplate gebruik het sodat hy nie tolgeld hoef te betaal nie, is Donderdag gevonnis.

Dr. Stoyan Stoychev (36) het skuldig gepleit op 987 aanklagte van oortreding van die Padverkeerswet en die Sanral-wet, vir al die kere wat hy onderdeur e-tolhekke gery het. Hy het ook op aanklag van bedrog skuldig gepleit omdat hy sy nommerplaat gewysig het in ʼn poging om die e-tolstelsel te omseil.

Stoychev, ʼn Bulgaar, is op 2 Oktober verlede jaar op die N1 in Centurion in hegtenis geneem omdat hy sy Hyundai i30 sonder een van die motor se nommerplate bestuur het, die “C” op die ander nommerplaat na ʼn “O” verander en twee van die syfers omgeruil het.

Hy het later gekloonde nommerplate gebruik wat behoort aan BN Bunting, ʼn motoris wat ʼn geregistreerde e-tol-gebruiker is en sodoende skuld van R13 000 opgebou.

Stoychev het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Hooflandros Desmond Nair het die ooreengekome vonnis gelewer van ʼn boete van R20 000 of ses maande tronkstraf vir bedrog wat gepleeg is tussen 10 Maart 2014 en 2 Oktober 2014. Daarbenewens moet Stoychev 100 uur gemeenskapsdiens by die DBV verrig.

Die straf vir die ontduiking van e-tol was dieselfde, maar is in geheel opgeskort op voorwaarde dat hy sy e-tol skuld van meer as R14 000 vereffen. Dit sluit die bedrag in wat hy namens Bunting opgebou het.

Die staat het gesê rooi ligte het begin flikker toe gevind is Stoychev en Bunting het by verskillende e-tolhekke in Gauteng deurgegaan op dieselfde tye.

Vusi Mona, Sanral se woordvoerder, het gesê hy dink die pleitooreenkoms is regverdig. “Ons bedank die polisie en die nasionale vervolgingsgesag. Geregtigheid het geskied,” het Mona gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christine V ·

Hierdie saak gaan oor bedrog eerder as oor verset teen die e-tol-stelsel. Sy vonnis is te lig!

Ben ☺☺☺ ·

Is hy nie veronderstel om iets tussen die ore te he nie ???

Johann Marx ·

My dogter het in 2011 ‘n e-tol rekening gekry met ‘n foto van ‘n voertuig wat deur ‘n tolhek ry….met dieselfde nommerplaat as haar 125cc scooter waarmee sy elke dag skool toe gery het……en SANRAL het haar gedreig met alles wat kan gebeur as sy NIE betaal nie…

Paplepel ·

Ek het ‘n rekening gekry met ‘n Mercedes op die foto met ‘n heeltemal ander nommer as myne. Jy kon dit met die oog sien op die swak foto wat hulle saamstuur. Ek ry ‘n Nissan. Hulle stelsel kon nie een van die twee regkry nie.

Liewe lulu ·

Haha ons het n rekening vir ons JD trekker gekry. Foto was van n taxie

Jaques ·

Die ANC het die man voorgese en geskik nog voor die hof verrigtinge begin het, want hulle wil ander bang maak sodat hulle SCAMRAL moet begin betaal.
Wa die bedrog betref, het hy versagtende onstandighede gekry weens sy voortydige skikking met SCAMRAL.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.