E-tol: ‘Betalende motoriste wen al die pad’

Argieffoto

Argieffoto

Die besluit om padgebruikers afslag te gee op hul uitstaande e-tolrekeninge in Gauteng is nie tot die nadeel van motoriste wat sedert die begin van die stelsel hul rekening betaal het nie, sê Sanral.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Woensdag aangekondig die nuwe e-tolbeleid sluit ʼn grasietydperk van ses maande in, waartydens padgebruikers hul uitstaande e-tolrekeninge teen 60% afslag kan vereffen.

“Ons bedank die honderde duisende wetsgehoorsame voertuigeienaars wat in die verlede geregistreer het en voortgaan om hul regverdige deel vir die onderhoud van ons top-gehalte hoofweg-netwerk te betaal,” het Vusi Mona, kommunikasiebestuurder van Sanral, gesê.

“Ons wil mense wat betaal, gerus stel dat hulle al die pad wen met die nuwe beleid. Hulle het geen skuld om te vereffen nie en selfs met die 60% afslag aan diegene wat tot nou toe nie betaal het nie, sal hulle minder betaal.”

Mona het verduidelik die nuwe beleid sal nie tot nadeel van mense met e-tolskyfies strek nie. Hierdie motoriste sal steeds voordeel trek uit die standaard 30c/km-tarief, die 50% vermindering in maandelikse limiete en die voortsetting van die tyd-van-die-dag afslag. Hul jaarlikse motorlisensiehernuwings sal ook sonder enige komplikasies of vertragings geskied.

“Ons moedig voertuigeienaars in Gauteng aan om die voordele van e-tolregistrasie te benut en oor te skakel na e-tolskyfies,” het Mona gesê.

Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Peet Schabort ·

Ja-nee kyk, Vusi Mona hoort in die politiek met sy “honderde duisende” betalers en dan nog ook “wetsgehoorsaam” daarby. Nog beter met “honderde DERduisende”.
Daar kan nie ‘n manier wees dat dié wat ‘wetsgehoorsaam’ betaal het se bedrag dieselfde of minder kan wees as dié ongehoorsames wat 60% afslag gaan kry.
Kan Cyril dalkies vir my sê waarheen verdwyn die voertuiglisensies se geldjies?

HEVW ·

60% afslag aan diegene wat tot nou toe nog nie betaal het nie. Sjoe, dit is manjefiek. Waar wil jy n meer klinklare erkenning kry dat hul die sogenaamde 100de duisendemense wat getrou betaal het gruwelooslik bedon………. het? En dan ook nog 50% afslag op limiet. Daar is n pofadder in die gras!!!!!!! Hoe lank gaan dit wees voordat verhogings begin intree?

Eric Aspeling ·

Ha ha nou prys verlaging on vinnig the verhoog as hulls jou eers gevang her.betaal be lasting.betaal petrol be lasting.lisensie end vele ander be lasting on paaie the boy end in stand the you.wars daai held.staats. ground is one grondnou most one oor end oor betaal.

Realis ·

Wat is dit tog met julle? Die regering het mos nou geluister en groot afslag aangekondig. As jy die pad gebruik het en jy weier betaling (deur wetgewing bepaal), steel jy mos! Ek bly nie in Gauteng nie, maar het my tolrekenings getrou betaal en dan die afslag benut vir vroeë betaling.
Dis lekker om wetsgehoorsaam te wees. Probeer dit!

Paul ·

Realis,

Ag asseblief, realis is baie beslis ‘n verkeerde naamkeuse, die klomp wil ons besteel en hul beursies vetvoer in die buiteland want 80% van die inkomste gaan Oostenryk toe.

Moeks ·

Jy erken jy bly nie in Gauteng. Het jy al ooit daaraan gedink die mense van Gauteng moet etol betaal net om by die werk te kan kom? dit is elke dag met paar hekke wat jy moet deurry. As jy duisende elke maand moet betaal sal jy baie vinnig ‘n ander deuntjie sing.

Realis ·

Julle is onnodig goor met my. Dit gaan tog hier oor die regte ding teenoor die verkeerde!
Jy het steeds die keuse van ander paaie as jy nie tol wil betaal nie. Ons adj.prez. het mooi verduidelik en toegegee. Betaal man, dis die regte ding om te doen!

Nico ·

Wat van ons wie se motors nog nooit daar was nie maar nog steeds word daar beslis ek moet betaal. Ja selfs die foto op die rekening is nie my voertuig nie.

Gina ·

Realis
Dis mense soos jy wat n draad sitter is. Kan jy nie sien wat doen die regering aan ons nie?? Ons betaal letterlik en figuurlik vir alles en hul sit in hul kantoor stoele en ontvang net die geld? Die e-tol se geld gaan waarheen? weet jy dalk

Anoniem ·

Ek wil weet wat het van die geld geword wat ingestel was toe die ou sisteem vervang is met ‘n nuwe sisteem vir die registrasie van motorlisensies. Dit was belowe dat dit eenmalig sou wees en nie weer vir die volgende jaar nie, intussen is dit 3 jaar verloop en nog steeds moet ons betaal vir die “nuwe” sisteem wat sekerlik weer een vandie dae vervang gaan word.

Leeutjie ·

Nou kan iemand my inlig hoe ‘n mens kan wen deur E.tol te betaal? Dis mos ‘n verlies aan inkomste!!!

Wonder Net ·

Realis ek is oortuig daar is vir jou ‘n pos beskikbaar, doen dadelik aansoek.

Realis ·

Julle maak julle skuldig aan burgerike ongehoorsaamheid. Hoe jy wen, is om goedversorgde paaie te kan ry – dink jy dit het vanself daar gekom en is selfonderhoudend? Dis die beste paaie in die land! My punt bly: Die regering het geluister en die tol baie verlaag. Ek kan nie dink hoe iemand by sy gewete verby kom om ‘n kommoditeit te gebruik en dan weier om te betaal. Dit grens aan diefstal!

nico ·

Oordentelike paaie is die belastingbetaler se reg. Nie voorreg nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.