Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) kon daarin slaag om slegs R687,7 miljoen van e-tol vir die 2018-’19-boekjaar in te vorder vergeleke met die vorige jaar se R1,87 miljard. Dit dien as bewys dat e-tol nié werk nie, sê die DA.
Fred Nel, die party se skadu-LUR vir vervoer en paaie, het Sondag in ʼn verklaring gesê dié inligting is in Sanral se geïntegreerde jaarverslag bekend gemaak, wat ook daarop dui dat die onderneming ’n waardedaling van R10,04 miljard op sy totale e-tolhandel beleef het.
Nel voer aan dat Gautengse motoriste sedert die aanvang van e-tol in 2013 weier om daarvoor te betaal. “Dit is hoogtyd dat ʼn oplossing vir e-tol in Gauteng gevind word,” het hy gesê.
Fikile Mbalula, minister van vervoer, was veronderstel om teen einde Augustus ʼn aankondiging oor e-tol te doen, maar het vir uitstel gevra om eers met alle belanghebbendes te vergader.
“Daar is reeds ’n maand verby en ons wag steeds om te hoor wat die oplossing vir e-tolgeld gaan wees. Die DA is gekant teen die implementering van e-tol, want dit is ’n onbillike belastinglas op ons inwoners wat reeds sukkel om kop bo water te hou,” het Nel gesê.
Volgens Nel gaan Sanral ’n verdere daling in die invordering van e-tolskuld sien indien daar nie vinnig planne beraam word nie. Die DA sal dus voortgaan om druk op David Makhura, Gautengse premier, uit te oefen om ’n interregeringsgeskil oor e-tolgelde in te dien en eerder brandstofheffings te gebruik om e-tol te vervang en nie reddingsboeie aan staatsondernemings (SOE’s) te verskaf nie, het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Die anc sal nooit erken dat iets wat hulle ingestel het nie werk nie, dis hoekom ons land so lyk
As die heffing wat ons alreeds op brandstof betaal plus ons lisensie geld sal dit nie nodig wees om nog e tol te hef om die paaie te onderhou nie.
Die belastingbetaler is reeds droog gemelk.
Wit Olifant!!!!
Dis ‘n sirkus.Hulle moes geweet het e-tol gaan nie werk nie VOOR hulle dit inwerking gestel het.Maar as die brein krag ontbreek . . . . . . . . . kry vir julle anc!