E-tol: Dagvaardings glo op pad na motoriste

e-toll

Argieffoto.

Die elektroniese tolwese (ETC) het glo meer as 15 000 dagvaardings na die hof gestuur vir padgebruikers wat nie hul e-tolrekeninge vereffen nie.

Só het Coenie Vermaak, die hoof‑ uitvoerende beampte van die Electronic Toll Collection (ETC), na bewering aan COPE bevestig.

COPE het Dinsdag in reaksie hierop dié besluit as ʼn “skande” en “verraad” bestempel.

Dennis Bloem, woordvoerder van COPE, het in ʼn verklaring gesê die ANC “verraai” Gautengers aangesien die provinsie se leierskap, onder andere premier David Makhura, belowe het om plan te maak met dié “geldmaakskema”.

Volgens Bloem moet Makhura die werklikheid in die gesig staar dat padgebruikers, wat juis die mense is wat hom aan bewind geplaas het, nou tronkstraf opgelê gaan word bloot omdat hulle van die pad gebruik maak.

Bloem het verder gewaarsku dat inwoners van Gauteng hul stemme op 8 Mei vanjaar sal gebruik om die ANC te ontroon. “Die ANC-regering het die burgers van Suid-Afrika gefaal,” sê hy.

COPE voer aan dat die ongewilde e-tolstelsel gestaak moet word en dat Gautengers ʼn sê in die toekoms van dié stelsel behoort te hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

JESSICA ·

wow, never knew you can get blood from a stone, what a joke, take all your e-toll gates with the shiny light’s a put it where it fit’s under your back sides.

Wha ha ha ha ha ·

Shame jessica. Had u commente in Afr, your dramatic Afrikaansness would have been less ibvious and your spelling better.

Sandy ·

Besighede en individuele mense wat daardie pad gebruik, het klaar so baie om mee te “deal ” met die prys van petrol, die instandhouding van hulle motors en bakkies en afleweringsvoertuie, werkers, ens elke dag, nou moet die ook op hul bordjie wees.

Foxi ·

Ooh nê………blacklist ons maar, kom vat my meubels, my ou karretjie van daantjie voetsek se tyd. Hoop julle bou nog tronke, maar asseblief, bou n tronk vir ou pensioenarisse met spesiale behoefdes ook asb.

Wie weet ·

Die staat gaan alweer geld mors wil sien hoe gaan hulle 5 miljoen mense dagvaar

Gert J ·

Hulle gaan nou seker ook NATIS gebruik en jou weerhou van lisensie en skyfie. Hulle lyk ernstig om dinge vir die werkende SA burger suur te maak.

Koos Marais ·

Ek dink hulle wil werk skep vir die boubedryf, daar sal ‘n hele paar howe gebou moet word, dalk bou hulle sommer aan by die bestaande howe, dan sal hulle vir poste moet adverteer dat die sake aangehoor kan word, want hulle het nie genoeg personeel nie, hulle sal mense moet aanstel om die administrasie van daardie 15,000 dagvaardigings te hanteer, mense gaan uitstel vra so erns gaan daar bottelnek wees. En as ek reg het sal elkeen van daardie dagvaardigings persoonlik aan elkeen bestel moet word.

Tollenaar ·

Goed so!

Vat hulle vas. Ek is keelvol om aleen tol te betaal!

liefie ·

hoekom is jy keelvol om “alleen” te betaal vir iets waarvoor jy wil betaal? ???

gatiep ·

Vra jy Liefie.Hy wil dan betaal hy kan nie nou suur wees daaroor nie.

Pim ·

Ek betaal ook. As almal in die land doen wat hulle moet dan sal alles beter werk!

@Pim ·

Almal in die land is al tot die uiterste gedruk om die regte ding te doen, almal behalwe die mop wat ons regeer.

Noddy ·

Dit is een van die domste aanmerkings wat ek in n lang ryd gesien het.
Vat jouself vas!

Hennie ·

Tollenaar gelukkig dit was jou keuse niemand het jou gedwing om dit te doen nie “you Snooze you lose”.

Stuiwer ·

Haha, werk betaal myne. Veral lekker as tolhek se ry lank is en ek wikkel vining deur die kort outomatiese baan. NS, werk petrol kaart = verpligte e-tol. Betaal nie ‘n dooie duit vir my ander kar nie.

John ·

Kan ons asseblief ingelig word hoeveel geld deur trolhuise op ons paaie ge-in word. Wie doen die boeke?

Tina ·

Lekker lag ek nou. Hoop SANRAL gaan vir elke dagv hof toe. Ek wil graag daar wees. Ek wil hulle wys dat ek e tol rekeninge gekry het wat nie eers my voertuig is. Ek het n bakkie maar foto wys n sedan voertuig en jy kan glad nie eers duidelik nr plaat sien. Die ander foto het die bakkie glad nie eers n nr plaat op en dit n 4 deur bakkie en myne is enkel deure. Jy moet bel en e mails stuur om hulle fout te herstel. Hulle sit met n NATIS stelsel en kan sien die nr plaat en fabrikaat van motor stem nie ooreen. So kom SANRAL. As julle my dagv onthou elke rekening van julle moet in orde wees. En julle gaan sukkel.

fanie ·

Ek het ook so n probleem ek bly in Pta noord werk in Pta noord (nou op pensioen) het nog nooit op die N1 gery nie ek kry die laaste 3jaar my maandelikse e-tol rekening die nommer plaat en ID is myne van my Nissan X-TRAIL die foto op is van n BMW met my X-TRAIL se no plaat .Bel of e-mail tenspyt dit kom maandeliks aan so laat hulle maar stuur ons sal maar in die hof fotos en naampies uitruil?

Johanna Botha ·

Kan nie eers n pothole herstel wat nog van n rekening regkry

Osie ·

BRING IN ON! sien julle in die hof! SANRAL sal vir die volgende 100j by die hof moet wees om die te laat werk

Boet Fasie ·

Is reg sien by die stembus met dagvaardiging in die hand,

Boet Fasie ·

15 000 ander kruisies by die stembus, wat van die mense wat vies is oor beurtkrag en wat ook op ander plekke gaan kruisies maak, die dag van afrekening kom.!!!!!! by die stembus

Slappe ·

Hmmm…
Gaan ons stem? Na alles het di skandeerders krag nodig…

AttieNo ·

Nee u edelagbare ek het nog nooit van e-tol gehoor in my lewe nie, is dit soos tolletjie brei?

Dries ·

Wat van n paar honderduisend dagvaardings, aan Soweto-inwoners, om Eskom te betaal…?

Wie moet altyd betaal? ·

Net so. Wonder of net sekere vanne e-tol dagvaardigings gaan kry en die meerderheid weer oorgesien gaan word? Soos met alles kry party mos alles for free?

Geld is op! ·

…iemand se geld raak ook op..kort nou langpunt skoene en mooi aandpakke en rokke…soos n sirkus tent.

bea ·

HAHA gaan dagvaar Malema en Zuma vir al die geld wat hulle die land skuld..by my kry julle nie n sent !!!

Karolis ·

Hoe maak ek wat in die Karoo bly, 1000km weg van die tolhek af en ek word beskuldig dat ek al sewe keer deur die goed gery het.
Verste wat ek noord was is Colesberg.

Wielspore ·

Die kans dat SANRAL elke persoon met skuld gaan vervolg is nul, en indien hulle die mense met groot rekeninge vervolg is dit ongrondwetlik want jy kan nie een persoon oorsien en ‘n ander vervolg.
Na my mening is die beplanning en uitvoering van die eTol stelse in isolasie gedoen en die betaling daarvoor kan ook in isolasie plaasvind.
As min gebruiker van die roete is ek nie van voorneme om te betaal.
Lekker ry

Paul ·

Ons betaal al hoe meer vir verskillende belastings na 1994 en alles gaan agteruit. Die ANC dink die belastingbetaler se geld is vir hulle persoonlike beursies. Hulle dink nie aan infrastruktuur en hoe om dit instand te hou nie.

Boerboel ·

Ek bewe, Kry nie n’ sent uit my nie, moet maar hof toe, As ek moet betaal dan is ek n; aandeelhouer en eis aandele! Shame die staat se pensionfonds is nou klaar en sakke word nou leeg, Bossa kan nie meer geld gee nie, Guptas het ook al die ander geld saam met hulle.

Sarie Duvenhage ·

Hahaha hoe lekker lag ek nou.Jul kan nie eers ons land bestuur nie hoe wil jul nou duisende mense hof toe sleep.Dit sit nie in jul broeke nie.Probeer n ander grap asb

Se maar net ·

Ek het nerens geteken vir dit nie. Ek het nog nooit ‘n e-tag of iets gekoop nie. Ek is ‘n rep en betaal al klaar genoeg vir die govement met petrol. Not a way dat ek nog e-toll sal betaal nie…

Naomi ·

Ek geniet die kommentare terdeë. Laat my dink aan n brief wat ek lank terug in die koerant gelees het. Die persoon was van n plaas in die Vrystaat, as ek reg onthou. Hul het n e-tol rekening gekry vir die trekker.
Die kommentaar was ” ons was 30 jr laas in Gauteng en ons trekker nog nooit.”
Ek het in die Wimpy in Witbank gesit en geskree van die lag. Dit het nie net my dag gemaak nie, maar sommer my jaar.

Boet Fasie ·

Makhura ons gaan nou eers kruisies maak en daarna gaan ons e- tol praat, dalk kan julle die tol stellasies en kameras verkoop by die pawn shops of verkwansel aan Zimbabwe.

Koos de Meyer. ·

Ek vra net die vraag, waar gaan ons lisensie geld heen, wat van die heffing in die brandstof, admin fooi op lisensie wat eenmalig R30 sou wees word nou R82 per transaksie. Waar gaan al die geld heen.

Christo Stemmet ·

Die e-tol reels was van dag 1 af dat die eerste 30 transaksies per jaar gratis sou wees wanneer `n nie-Gautenger deur die gantry’s sou gaan. Ons is van Middelburg Mpumalanga en ry 1 of 2 keer n jaar deur Gauteng oppad Kaap toe en terug. Tot vervelens toe kry ons al die rekeninge en aanmanings van wanbetaling, maar waar is die 30 beloofte krediete vir die gebruikers van ander provinsies?

Ha ha ha!!! ·

Is jy gewoond die klomp in die land hou by beloftes…..

Leonard ·

Betaal sal ek nie betaal nie hulle kan doen wat hulle wil

PJC ·

As ek al die foute sien in die rekenings, aanmanings en dagvaardigings wat die publiek ontvang lyk dit asof SANRAL vir hulself ń lat pluk om al hierdie mense hof toe te vat. Enige goeie prokureur gaan die vloer vee met hul in die hof.

Blikke ·

Skryf dit op julle magies en vee maaret julle hempies af!!!!

Alida ·

Ek hoop die regsfirma wat die dagvaardings uitreik gaan betaal word vir hulle werk. Wishfull thinking.

Die Hond Se Baas ·

Moet ek nou skrik vir die wit ANC boetie Coenie Vermaak ?

Kraai ·

Stem saam met Gatiep en liefie. Eskom het nie geld vir elektriesetyd nie, sooooo ons ook nie vir tolgelde nie.

Heksie ·

Vir daai R8,95 en R89.00 wat ek klaarblyklik skuld? Regtig???? Dagvaar??? My broek bewe!

Sonja ·

My man se sy pa was n man van aansien en alles gedoen wat wet is as hy vandag boete kry betaal hy hom dadelik, maar die ding hy het hom nie betaal nie, ek het nog altyd betaal en was nou bietjie Des oorsee en toe ek terugkom is my tag afgehaal en hy het gese dit is klaar jy betaal nie n sent verder nie, en hy sorg maar weekliks dat daar elke maandag R100 in die bakkie is. So hy glo as my pa gese het dit is onwettig is die onwettig, en skoonpa het in handels misdaad werk, so ek hoop en bid maar nie altyd ek kry nie n verrassing nie!!

Gaitsigubib ·

Sonja my pa het ook die ruiguit pad vir my geleer. Die rigting van hierdie pad word bepaal deur beginsels. As almal hande gevat het en weerstand gebied het teen hierdie euwel was dit nou al iets van die verlede. Laat jy nou gelei word deur jou beginsels en moennie skrik vir dreigemente nie. Jy is n eerbare mens as jy jou voet kan neersit teen hierdie skandelike ANC geldmaak skema. Groete Piet

Attie. ·

Ek ken ons mense… dreig net dat hulle nie hul karrese lisensieskyfies gaan kry nie en almal betaal dadelik. Die SAPD kan die E tolhekke gebruik om misdadigers op te spoor, so dit hoef darem nie afgesaag word nie.

Dirk J. van der Merwe ·

Hier som meeste toe op wat ek in elk geval wou plaas! Mooi so, mense! Lyk my ons is darem ‘n paar wat kan saamstaan en nie aan die ‘jellie-ruggraat brigade’ behoort nie…
Ons moet dit meer verkondig dat daar baie koperdraad in die e-tol strukture is….
E-tol-se-gat.

Ranger ·

Ek geniet dit so baie om almal se insette te lees. Dit laat n mede burger se hart vinnig klop want daar is wel nog baie soos ek. Wonder of al die wat so ten gunste is van e-tol besef dat die meeste van die bedrieers in die rigering dieselfde is as die wat die “staatskas” geplunder het? Dieselfde wat hulle vriende en familie vol gestop het maar, hulle lewe nog steeds in weelde met solar stelsels en kragopwekkers en voel glad nie die finansiele pyn wat die res van ons voel nie. Nou se Pravin die kragstelsels is 30 jaar + oud, en?? waat het geword van instandhouding? NEE,, hulle sakke is instand gehou + die van hulle famielie and vriende. Ons Vader slaap nooit, Die tyd is so naby!!

Andre ·

@Pim – dit is mooi dat jy so getrou betaal. Sanral kort geld hulle gee elke jaar honderde miljoene se beurse aan studente van ander Afrika-lande om hier gratis te kom studeer. Sakgeld, verblyf, ens. word alles betaal. So dit gaan “beter” volgens jou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.