E-tol: Departement gee miljarde vir Sanral

e-toll

Argieffoto.

Die departement van vervoer het tydens sy mediumtermyn-begroting altesaam R5,7 miljard aan die tolpaaienetwerk van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) oorgedra.

Dié oordrag is ʼn strategiese ingryping deur die departement om nie-betaling deur padgebruikers van die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP) te hanteer.

“Sanral se tolpadnetwerk het gevolglik finansiële probleme ervaar en om seker te maak dat Sanral kan voldoen aan sy betalingsvoorwaardes aan beleggers en om die tolpadnetwerk oor die land heen in stand te kan hou, is geld van die nie-tolnetwerk na die tolnetwerk oorgedra,” het Bonginkosi Nzimande, minister van vervoer, gesê.

“Omdat geen bykomende finansiering van die nasionale tesourie bekom kan word om die GFIP-tekort te dek nie, moes die departement sy mediumtermynuitgawes herprioritiseer terwyl die regering in gesprek tree met alle betrokke belanghebbendes op die permanente GFIP-model,” het die minister bygevoeg. “Die departement van vervoer werk hard om seker te maak dat dié GFIP-kwessie vinnig opgelos word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Afrikaner ·

Genade, is daar statistieke beskikbaar om te sien wat die ANC die afgelope 25 jaar aan verkeerde besluite, korrupsie en papgeld die belasingbetaler gekos het? Kan hulle ook vir ons dalk inlig hoeveel honderde kilometer diep daai put is?

Willehond ·

Hulle besluit. Ons betaal. Watter beter besigheid wil jy dan nou doen?

Manie ·

Dit alles te danke aan die afrikane se obsessie om n wêreld sokker toernooi in SA te hou

ANA ·

Lekker man,LEKKER ! ? die geld ?? is volop om uit te deel? en te mors!!
ONS LAND SE PAAIE is mos in ń WONDERLIKE toestand….

Michael ·

Mense Mense!! So ver ek verstaan. N besigheid is daar om n profeit te wys dan betaal jy jou mense wat vir jou werk as jou besigheid nie geld maak nie dan maak jy die besigheid toe dit is hoe dit werk. Maar nou .Kan iemand my se hoe werk die anc se besighede Stuff alles op en dan moet die belasting betaaler net help om die besigheid aan die gang te hou Kyk nou die e-tol !! hoe doen die mense besigheid.?????

ES ·

Lekker gemors waarin sanral hulle nou bevind. Skrap hulle dit gaan almal wat wel betaal het natuurlik geld wil terughê, dis mos onregverdig teenoor die wat nie betaal het nie! Kry vir julle! Hierdie keer het die melk van die sg rykes toe nie so lekker gewerk nie!

Gys ·

Ons almal het destyds so mooi ooreengekom dat niemand gaan betaal nie.
Maar toe begewe ‘n paar “goody two shoes” mensies se moed hulle, en hulle begin betaal.
Hulle verdien om nooit hulle geld terug te kry nie.
Dis wat gebeur as jy te alle tye heeltemal wetsgehoorsaam wil wees.

Piet ·

Die “Titanic Syndrome” skop nou goed in. Die skip sink en hulle gryp nou wat hulle kan en hoop hulle kom weg daarmee. Hulle weet daar is nie baie tyd oor om hul sakke te vul nie. Daardie fondse gaan na buitelandse bankrekeninge toe.

Stripes ·

Terwyl die tolpaaie nou instand gehou gaan word gaan die res van die land se sekondêre teerpaaie nou grondpad word. Wonder watter een van die spul skep nou die geld? Oral is mos familie of maatjies betrokke.

Aggenee! ·

Waarom is almal so negatief? Ons het ten minste wonderlike Sanral-tolpaaie om op te ry. Ander lande het net stofpaaie.

Elsa ·

Watter “ander” lande Aggenee?

Pleks betaal hul die miljarde van die Staatspensioenfonds wat Gordan in SANRAL belê het, terug.

Ai ·

Jy leef onder n klip! Miskien ander Afrika lande en hoe lyk die ekonomie daar? En vra dan hoekom? Jy word gery deur jou ore en jy se aggenee….genade as jy nie wil sien nie dan sal jy nie sien nie!Betaal jy maar lekker aan die verneukspul…

Gert van Wierdapark ·

Slaan met ‘n stomp mes. Min. Blade gebruik nou n ander naam. Hy het sy skerpheid verloor! Hy speel klimtol met ons geld en brei’ n wollerige Tolletjie vir die koue na die Ver-kiesing.

Elsa ·

Watter “ander” lande Aggenee?

Pleks betaal hul die miljarde van die Staatspensioenfonds wat Gordan in SANRAL belê het, terug.

Marinda ·

Ai Aggenee, die mense kla nie oor die paaie nie, maar oor die skelmatreek agter die paaie.

Piet, ek dink dieselfde.

maplotter ·

Ek wil ook so ANC ATM in my huis kry maar is seker te lig van kleur om te kwalifiseer.

Dries du Toit ·

Moenie te lekker lag nie. Binnekort gaan daar wette gepasseer word wat jou gaan verplig om te betaal anders kry jy nie jou rybewys of motor lisensies nie

Sê net ·

AARTO is juis daarvoor geskryf en aangepas. Te veel punte teen jou en jy kan niks doen nie. Elke onbetaalde tol rekening is punte teen jou. Hier kom nog baie pret op die paaie…

Awie Opperman ·

Dan ry ek sonder ‘n lisensie. Hasie ‘n manier wat ek vir die sirkus betaal nie.

Henk ·

Nie tolpaaie word in elk geval nie in stand gehou nie, want daar is nooit geld nie. So die departement lieg weereens vir die publiek! Hierdie tolhek projekte van die klimp korruptes word in elk geval lankal gefinansier deur uitermatige hoe brandstofheffings en die feit dat afwaartse aanpassings nie in verhouding is met dalings in olie pryse nie. Laat ek julle herinner dat olie op n stadium $125 per vat gekos het en die R/$ R14,00 was toe betaal ons R8,25 per liter petrol!!

Deon ·

Verhoogde heffings en belasting speel ‘n groot rol in brandstofprys. Wanneer Euro 5 standaarde geïmplementeer word gaan ons nog verder belas word.

barend ·

kom ry gerus die n17 ,baie swak en duur tol gelde en onveilig

Johan ·

Daar is die bewys en konfirmasie. Vra jouself af waar kry hulle die geld?? Dink daaraan oor hoekom die petrol pryse af kom met 20 sent sodat ons gepaai word en die volgende maand sonder enige rede dit weer opgaan met 97 sent ………. die regering moet pa staan vir die e-tol saga. Waar kom die geld vandaan die petrolfonds, dit is so maklik soos val uit die boom. Die publiek het die e-tol teengestaan maar met die ooreenkomste wat die korrupte ANC aangegaan het met die oorsese besigheid om tol te kollek moet hulle die waarborge betaal. Ons hoe petrol pryse gaan vir e-tol…….

J. van Rensburg ·

In beginsel het ek geen pyn met tolhekke nie, maar dan moet dit ordentlik bestuur word . Ek het jare lank in Natal gewoon en het op rare geleenthede Transvaal toe gery en my tolgeld in die proses sonder protes betaal, wetende dat die paaie in stand gehou word. maar hierdie stelsel in “GAUTENG” is sonder onderhandeling aan ons opgedwing en moet jy maar betaal of jy wil of nie – in Natal was daar ook minstens alternatiewe roetes – nie net vir diegene wat verkies om dié te gebruik nie, maar ook vir noodgeval – kan iemand verduidelik waarlangs moet mense ry indien ‘n verskriklike ongeluk op – sê maar tussen die Oos Rand (Ekurhuleni) en Pretoria of elders plaasvind en daar geen alternatiewe roete is nie ??? Maar ons “owerhede” dink mos nie verder as wat hulle neuse lank is nie – dit stop by geld, geld, geld…. en ons weet almal hoe ons deur die Zumiete en ander reeds ingeloop is…..

Willie ·

Vat 5,7 miljart en deel dit deur 55 000 000, mense sogenaamd in die land!
1000 sekondes is 11, 5 dae, 1000 000 000 sekondes is 31,7 jaar…

Wiskunde ·

R5.7 miljard ÷ 55 miloen is R103.6 per persoon. Ek verstaan nie jou denkpatroon nie, dalk kan jy uitbrei.

hendrik ·

@ Wiskunde, Willie gee maar net perspekief van hoeveel 1 miljard is. Dankie Willie.

Andre ·

Sanral in “finansiële moeilikheid”? Maar net laasjaar het Sanral in volblad advertensies in die koerante (sekerlik honderde duisende gekos) geadverteer dat studente van ander Afrika lande aansoek moet doen vir beurse. Honderde miljoene was beskikbaar en aan die studente betaal. Hoe maak dit sin?

Gaitsigubib ·

Hier is nou weer n mooi voorbeeld van korrupsie onder SR se neus. Die BEE aandeelhouer wil sy geld he. Waar kry jy dit nog elders in die wereld dat n privaat maatskappy uit gebail word deur die regering omdat die maatskappy nie sy aandeelhouers kan betaal nie?

alida ·

Lyk soos SAL hoe meer geld hulle kry hoe slegter lyk hul banksake. Gooi miljarde in ‘n sif wat net wegspoel.

Aggenee ·

Ai, mense … waar is jul sin vir humor? Al gehoor van “tong in die kies”?

Heksie ·

ja wat stuur maar weer daai R8,95 rekening vir my, dit gaan anyway reguit asblik toe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.