E-tol dra nié by tot stygende lewenskoste, sê ETC

e-tol

Argieffoto

Sanral se afdeling gemoeid met die insameling van e-tol-geld, Electronic Toll Collection (ETC), bevraagteken bewerings deur die Gautengse premier, David Makhura, oor e-tol.

Maroela Media het vroeër berig Makhura het tydens sy provinsiale rede gesê e-tol laat lewenskoste styg en dit is daarom onvolhoubaar.

“Mnr. Makhura se verklaring blyk meer ʼn mening as ʼn feit te wees, omdat hy geen redes vir sy gevolgtrekking verskaf nie,” het Coenie Vermaak, woordvoerder van ETC, in ʼn verklaring gesê. “Dit is eerder waarskynlik dat ʼn hoër lewenskoste toegeskryf kan word aan verhogings in die petrolprys, skade aan motors weens die swak toestand van paaie, en lae produktiwiteit weens verkneersknope.”

Vermaak het gesê Gautengers spandeer gemiddeld tussen 14 tot 18 werksdae per jaar in die verkeer (2018 INRIX- wêreldwye opname). “Die koste om nie nuwe paaie te hê of nuwe paaie te bou nie, is baie duurder as die 25c vir elke R100 wat deur padgebruikers verdien word. Dan moet daar ook in gedagte gehou word dat arm mense van tolgeld kwytgeskeld word wanneer hulle van openbare vervoer gebruik maak.

“Geregistreerde e-tolgebruikers betaal nie meer as R277 per maand om van die verbeterde nasionale paaie in die provinsie gebruik te maak nie; ongeag hoeveel keer hulle van dié paaie gebruik maak.”

Makhura het gesê daar moet ook ʼn oplossing gevind word vir die “uitgerekte onopgeloste probleem van e-tol. Dit is duidelik vir almal om te sien dat e-tol nie gewerk het nie.”

Vermaak stem nie hiermee saam nie. “Inteendeel, die wêreldgehalte e-tolstelsel werk en werk steeds op ʼn daaglikse basis, aangesien dit die besigste stuk snelweg in Suid-Afrika bestuur.”

Vermaak meen die hoë getal persone wat nie e-tol betaal nie, is hoofsaaklik teenkanting teen die regering wat meer belasting eis terwyl korrupsie voortduur, en nie teen die e-tolstelsel self nie. “Die waarheid is, tolpaaie werk in Suid-Afrika en oor die wêreld heen en is ʼn aanvaarde, doeltreffende praktyk om padinfrastruktuur te finansier.”

Makhura het aangedui hy sal met pres. Cyril Ramaphosa in gesprek tree om “ʼn nuwe en billike finansieringsmodel te vind om die voortgesette uitbreiding van Gauteng se padnetwerk en openbarevervoerstelsel te ondersteun”.

“ETC sal graag deel wil wees van dié proses,” het Vermaak bygevoeg. “Ons sal graag ʼn paar idees vir die premier wil gee. Miskien kan hy deel word van die gereelde vervoerforum-werkgroep om dié saak met kenners te bespreek.”

Die premier het aangevoer hy het ook met Ramaphosa gesels oor die moontlikheid om e-tol te skrap en dat alternatiewe finansieringsoplossings oorweeg word. “ETC verwelkom die feit dat werk deur die regering gedoen word om te bepaal of lewensvatbare alternatiewe tot tolpaaie moontlik is. Suid-Afrika moet oplossings kry om bestaande padinfrastruktuuruitdagings te takel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Ek vra net die vraag, waar gaan ons lisensie geld heen, heffing in die brandstof ens. As die meerderheid van die geld nie buiteland toe gaan nie is dit ‘n ander storie.

Piet Pompies ·

Ek dink Lindo moet van beroep verander of na ‘n laer rat oorskakel om te sien wat om haar aangaan.

Johann ·

ETOL? Watse Etol praat hulle van…. Oooooo hulle bediel seker dai oulike mooi perblou liggie bruggens wat so mooi skyn in die aand! Van ETOL betaal weet ek niks?

Andre Stander ·

Ek moet saamstem. e-tol dra nie by tot my verhoogde lewenskostes nie, want ek weier om dit te betaal!

Hannetjie ·

Natuurlik dra dit by tot stygende lewenskoste!Enige pampoen weet dit.Dit is soos in: 1 +1=2
Net die wat op staatskoste vervoer ‘geniet’… hulle sal dit nie aan hul beursies voel nie

JV ·

Sy gorrel net, al betaal ek etol, sal ek nog steeds elke dag in die verkeer vassit soos voor die etol stelsel en nou met die etol stelsel. Geen verandering

Johann van Cullinan ·

E-tol. Nog ñ vorm van bedrog. Die regering bedink altyd geldmaak planne, om hulle eie sakke te vul. Dit sal my nie verbaas as hulle lotto geld ook vat nie.

Thomas ·

Ek gebruik die tolpaaie baie min, maar ek skuld amper R8000. R275 hier, R350 daar vir Eskom ens, Dit alles hoop op jou swaap! En ons kom nou net effe vinniger by die opeenhoping van verkeer uit!! Maar daar is hoop… Een van die dae tel ek onder die armes wat nie tol hoef te betaal nie….

Mrs H ·

Die mees blatante korrupte daglig rooftog nog, is die e-tol!

Nuwe paaie ·

As SCUMRAL nuwe paaie gebou het “by all means” betaal ek vir so ñ pad. Die waarheid is egter dat hulle net bestaande paaie en snelwee ge-hi-jack het. Weg met jou!

Karlahari ·

Hoeveel e-tol gaan vir salarisse en fensie kantore? n Pad onderhoud heffing van 5c per liter brandstof in Gauteng sal beteken trokke wat die paaie stukkend ry betaal baie meer as meneer in sy Fordtuna of juffie in haar micralight.
En dan betaal ons Vrystaters ook ons deel as ons per ongeluk daar verby ry

Nico ·

25 sent per 100 Rand verdien
Daarvolgens verdien ons almal wat die R 277 moet betaal meer as R 110 000 PER MAAND!
Nou moet en nog net die goeie nuus vir my bankbestuurder vertel…….

Jan ·

Laat ons maar Dan op grond paaie ry, sal nie etols betaal nie ry eerder my kar gaar op n pad wat uitmekaar uitval.

riaan ·

Wat in elk geval gebeur want die alternatiewe roetes waarvoor die sanral wetgewing voorsiening maak word nie onderhou nie!

Hoekom sal die DA in Pretoria alternatiewe roetes (soos rondom Rietvlei dam) onderhou as hulle self teen die e-tol stelsel gekant is?

JohanL ·

Riaan, wat is die alternatiewe roetes vir die E-tol paaie rondom Johannesburg en Pretoria? Volgens my is daar nie. In my opinie is “stadspaaie” nie alternatiewe nie.

Soos “Nuwe paaie” opmerk, bestaande paaie was gebruik en daar is nie ‘n nuwe pad gebou nie. Vergelyk dit met die N1 tolpad tussen Jhb en Bloemfontein. Ek betaal dit met ‘n glimlag, want ek verkies die lieflike (nuwe) tolpad pleks van die ou nasionale pad deur Parys en Vredefort (die alternatief). En as ek regtig wil, dak kan ek die alternatief gratis ry.

Maar hierdie e-tol paaie het nie ‘n alternatief nie. Dit is my punt.

Jem ·

Natuurlik verhoog E-tol lewenskoste tot die oortreffende trap.

JM ·

Daai R277 per maand is baie geld want ons salaris is so laag dat ons dit nie kan bekostig nie, koop eerder kos met daai geld.

Henk ·

Dwase! Kom ek veryel julle wat is 1+1. Hoeveel betaal ons vandag per liter petrol in vergelyking met 8 jaar terug. Wat was die rand waade toe en hoeveel het olie toe per vat gekos? Elke keer as olie $1 opgaan gaan petrol 50 sent op. As die R met R1 verswak gaan petrol 80 sent op. Olie val van $80 tot $45 ons kry 60 sent. Die Rand versterk of bly stabiel en ons kry 15 sent. Nou gaan kyk hoeveel is 1+1 dan besef julle hoeveel keer het ons in elk geval vir daardie tolpaaie betaal en hoeveel geld het die anc reeds uit ons uit waarvoor niemand verantwoording kan doen nie!!!

JoeV ·

Dra nie by tot stygende lewenskoste nie… is die man besete? En die deel dat mense wat dit gebruik “betaal nie meer as R277.00 per maand nie”? Nuwe een, dit nog nie gehoor nie? As ek etol betaal het, sou dit R2300.00 per maand beloop het soos op die rekening, presies my brandstof rekening per maand. So 100% heffing op my brandstof is nie ‘n “styging in lewenskoste” nie?

frikkie ·

een plus een vir die lot is nul. belaglik. op planeet stupid groei held seker aan bome. sukkel al klaar om net brandstof te betaal om in johannesburg te werk. praat noe eens van karre vervang of bande en onderhoud nie. gautrein ook te duur en busse te ver van groot dele van jhb af. tolgeld is daar net nie geld voor nie. vuisvoos verbruikers kan nie meer gemelk word nie.

Chris ·

Hoekom skielik e tol op paaie Wat nog al die jare daar was en onderhou was? Ons betaal dit nie aangesien ons dit nie kan bekostig nie. Laat die Elite in die meerderheidsgroep dit maar betaal.

Jacques ·

Ek sal graag wil weet wie word uiteindelik bevoordeel deur E-tol. Wie baat finansieël. Ons het dalk nog ‘n VBS of Bosasa tipe skandaal hier.

Theresa ·

Hulle almal redeneer soos ‘n pazzer. Al om………………….!
Dis hoekom ons land besig is om vinnig ten gronde te gaan!
Kan ons asseblief nie mense kry wat weet om hulle aangaan nie??

Db ·

Hulle kerm elke dag oor betaal meer en meer. My salaris is in drie jaar nog nie aangepas nie en betaal die regering (belastingbetaler) nie my salaris nie. Hulle kan miljoene per maand verdien en kry brandstof en tolgelde verniet terwyl ons elke sent drie keer moet omdraai. Waar val hierdie wesens uit? Alles word altyd aan inflasie gekoppel met elke ding wat verhoog word maar wat van die salarisse. Ek is baie dankbaar om nog werk en inkomste te hê maar wragtig, almal kry nie alles verniet en kan maar oorspoel van onnoselheid wanneer dit by betaal kom nie. Hulle sal nooit regkom nie want dink daar moet maar nog net meer geld gedruk word dan is daar mos nie ‘n problem nie.

Sarel ·

As daar gekyk word wat die lisensie gelde al beloop kan daar oral in SA snelwee gebou word en behoort nerens n enkelbaan pad te wees nie. Tolgeld is maar net nog n belasting op reeds gevorderde belasting. Die persoon se belaglike mening toon net weer dat sommige mense teveel verdien en dus tred verloor het met die werklikheid. Jaarliks verhoog tolgeld bo inflasie . Die bykomende voertuie per jaar op ons paaie behoort genoegsame verhoging in lisensiegelde te hef .

Boertjie ·

R227 per maand? In watter droomwêreld lewe die grapjas? Ek en my ander helfte is genoodsaak om ongelukkig die e-tol te betaal, omdat albei op ‘n motorskema by die werk is. Ons gesamentlike e-tol bedrag per dag is net oor die R80.00 (dit sluit in die Zambesi-tolhek in Pretoria, teen R10.50 per keer, 4 maal per dag). So as R80 per dag, maal 20 dae per maand, R227 gee, is daar iets drasties fout met my wiskunde.. En dan vra ek met trane in my oë, hoeveel van daardie geld gaan in elk geval direk vir instandhouding van ons paaie-netwerk? En hoeveel gaan om buitelanders (en korrupte amptenare) te verryk?

Vra maar net…

Boertjie ·

Askies, voor iemand my oor die vingers kom tik, ek meen R277 per maand.

Natascha ·

Wil ook net vra, hoekom so baie mense by die kantore vir E-Tol?
Is so baie by een kantoor regtig nodig.
Meeste van die tyd sit hul net rond en is maar traag om te help as jy daar instap, ek wil weet hoeveel van daai gelde word regtig aan ons paaie bestee.
Ons sukkel om kop bo water te hou met salarrise wat nie regtig styg en geen bonusse, hoe verwag hul moet ons ‘cope”.

Gemaskerde Sopbeen ·

Natascha? Wat gaan soek jy daar? Moenie daar instap nie………..dan sal jou begroting makliker klop……

Adriaan ·

My ma betaal meer as die R277 per maand. al betaal sy dit net vir tollhekke.

E-toll is die grootste klug ooit.

Johan H. ·

Jy het n beter kaans om verwagtend te raak deur die pos,as wat ek 2c sal betaal vir jul skeinheilige gestelery.ta ta

John ·

Hoeveel presies word geìn met e-tol? Wie presies is die eienaars wat glo in die buiteland bly? Hierdie regering het ‘n ernstige siekte onder lede… ‘n pessiekte wat in hul harte getroetel word. Rolette, soos die pamperlang van adders, was en is die spel van dwase.

Phillip ·

Ek was 2013 Durban toe ek het n etol brief gekry met n voto van my die R80.00 betaal gister kry ek n brief ek skuld nog R80 ek het dit by FNB betaal nou wat nou hoop maroela plaas die een betaal nou dubbeld 2020 betaal ek weer dalk vir die selfde bedrag

riaan ·

Scamral en hulle “spokesperson” is GECAPTURE!!!!

Miskien moet Zondo Scamral en veral ETC roep om te getuig want dan doen ek onmiddelik aansoek om hulle te ondervrae. Sien of hulle onder eed en in die openbaar ook so lieg???

ne ·

Kan iemand asseblief vir my verduidelik hoekom ons lisensie gelde betaal? Waar gaan daai geld heen? Hoe kon die ou regering voor 1994 paaie bou EN instandhou? Ek is seker dom maar ek verstaan nie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.