‘E-tol gaan nie geskrap word nie’

Argieffoto

Argieffoto

David Makhura, Gautengse premier, se kantoor het Dinsdag berigte in die Sowetan ontken wat sê dat Makhura aangekondig het dat die e-tolstelsel in die provinsie geskrap gaan word.

“Die storie is heeltemal verkeerd,” het Makhura se woordvoerder, Thabo Masebe, gesê. Hy volstaan met dit wat die premier Maandag tydens sy provinsiale rede gesê het. “Daar is nêrens gesê dat die e-tolstelsel vervang gaan word nie. Daar is wel sprake om stelsels te kombineer.”

Volgens die koerant het die provinsiale regering ʼn ooreenkoms met die nasionale regering bereik dat die e-tolstelsel vervang gaan word met ʼn nuwe stelsel. Die nuwe stelsel sal ten doel hê om die skuld te delg wat vir die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) aangegaan is.

Makhura het Maandag tydens sy provinsiale rede “groot finansiële verligting” vir motoriste beloof en gesê die konsultasieproses is aan die gang.

“Die provinsiale regering is deel van die huidige konsultasieproses om ʼn beter bedeling te ontwikkel wat die negatiewe impak van e-tol op die mense van Gauteng sal verminder,” het Makhura toe gesê. “Ek is vol vertroue dat die nuwe bedeling groot finansiële verligting aan motoriste sal bied, terwyl die betaalstelsel vereenvoudig word om dit vir motoriste makliker te maak om te betaal.”

Mpumelelo Mkhabela, die Sowetan se redakteur, het by navraag per SMS aan Sapa gesê: “Dankie vir die belangstelling in die berig. Lees asseblief môre [Woensdag] se koerant.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Malinda ·

Die beste en goedkoopste en maklikste e-tol is geen e-tol nie verwyder alles so maklik soos 1 2 3 val uit n boom. Hulle wil die publiek vir n sucker vang, ongelukkig is niemand betroubaar nie

HEVW ·

Nou miskien billik en aanvaarbaar, maar na hoe lank, dan word periodiek verhogings aangekondig.

Drieks ·

Ons moet betaal. Maar ek sal nie registreer nie. As hul die pryse opsit, dan hou ek net weer op met betaal. 1c is al duur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.