E-tol: Gauteng-premier vergader met publiek, rolspelers

Argieffoto

Argieffoto

David Makhura, Gautengse premier, vergader Vrydag met die publiek en rolspelers om die Gauteng-hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) te bespreek.

Nino Zama, Makhura se woordvoerder, het Woensdag in ʼn verklaring gesê Makhura beplan om die verslag van die advieskomitee oor die sosio-ekonomiese impak van die e-tolstelsel op die provinsie se snelweë, te bespreek.

“Makhura het in Januarie aangekondig dat hy vandeesmaand ʼn adviesvergadering gaan hou met die publiek en al die belanghebbendes wat voorleggings aan die paneel gemaak het,” het Zama gesê. “Al die aanbevelings en die implikasie daarvan, insluitend die beste befondsing vir die stelsel sal bespreek word.”

Die vergadering vind Vrydag om 09:00 by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand plaas.

Makhura het die paneel in Julie verlede jaar op die been gebring om die ekonomiese en maatskaplike impak van die e-tolstelsel te ondersoek. Die ondersoek het met openbare verhore gepaard gegaan.

Die paneel het sy verslag op 30 November aan Makhura oorhandig, maar die inhoud daarvan is eers in Januarie bekend gemaak. Makhura het onder meer by die bekendmaking van die verslag gesê die e-tolstelsel plaas ʼn buitensporige las op lae- en middelklas inkomste huishoudings. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Skrap die nonsense in totaal, want al sluit julle my toe, sal ek dit nie betaal nie! Die regering melk ons vir elke sent wat hul kan sodat hulle lekker kan leef en die res van die land moet sukkel om ‘n bestaan te voer!

Griet ·

Dis baie eenvoudig: volg net ons geagte prezzie se voorbeeld: hy’t nie gevra vir Nkandla nie, so hy gaan nie daarvoor betaal nie. Wel, ons het nie gevra vir e-tol nie, ons gaan OOK nie daarvoor betaal nie.

“What’s good for the goose…..”

Drieks ·

Zumpie het darm al die deure vir korupsie vir ons oop gemaak.
Ons swem in die Dom ANC dam.
Hahahaha….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.